Inisiatiewe > Funksies > GESPREKUITNODIGING: 15 Jaar van BEE – ‘n kritiese herbesinning

Na 15 jaar van die SEB – en ruim geleentheid om te kyk na al die beskikbare getuienis – is dit tyd om tot ‘n slotsom te kom. 

U word genooi om groepsbespreking rondom Swart Ekonomiese Bemagting by te woon – met ‘n besondere fokus op die oorspronge van SEB, die vervulling van SEB se oogmerke en op die verken van wat klaarblyklik ‘n nuwe fase in sy ontwikkeling is.

BEE is lank reeds ‘n onlosmaakbare deel van Suid-Afrikaanse beleid – en die magtigende wetgewing wat dit onderskraag word gereeld opgedateer, uitgebrei en toegepas. 2019 is die vyftiende jaar sedert die bekragtiging van die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging ?deur destydse president Thabo Mbeki in 2004, na gelang van ‘n verslag deur ons huidige president, Cyril Ramaphosa – toe voorsitter van die president se Swart Ekonomiese Bemagtigingskomissie.

Ondanks hierdie beleid se lang geskiedenis, is betreklik min aandag al geskenk deur die regering aan die rol daarvan in die Suid-Afrikaanse reg, ekonomie en samelewing – ondanks toenemende teenstand in burgerlike samelewing en die privaatsektor. Onlangse ontwikkelinge, soos veranderinge aan die Mededingswet, voorstelle soos vervat in die Wysigingswet op Maatskappye, en ‘n beduidende aantal verdere regulatoriese ontwikkelinge, wat almal die uitbreiding van SEB buite die Wet op SEB in gemeen het, beklemtoon die dringendheid van, uiteindelik, B-BBEE behoorlik evalueer.

Sakeliga nooi u na ons besprekingsgroep oor SEB. Onderwerpe wat onder die loep geneem sal word sluit in die geskiedenis van SEB, ekonomiese oorwegings, internasionale vergelykings en, ten slotte, kritiese evaluasie en voorstelle. 

Sakeliga sal die besprekingsgroep se insette verder toepas om ons navorsing in hierdie verband verder te voer – en sal mettertyd ‘n finale verslag produseer. Ons sien uit na samewerking in hierdie verband met ander navorsers en belangstellendes. ‘n Witskrif vir besprekingsdoeleindes sal aan deelnemers versend word na registrasie, maar voor die geleentheid.

FUNKSIEBESONDERHEDE
Datum: Woensdag, 27 Maart 2019
Tyd: 08:30 – 12:00
Plek: Sakeliga Hoofkantoor, 117 Gerhard St, Die Hoewes, Centurion, 0163

BESPREEK HIER

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN