Hoe om oop te bly tydens die ramptoestand (regsmenings ingesluit)

Heelwat verwarring heers tans onder sakelui oor die hantering van die lewering van noodsaaklike dienste en -produkte. Hierdie skrywe bevat skakels na regsmenings en kan die verwarring help opklaar vir: • ondernemings (bv. eenmansake) wat sukkel om as “noodsaaklike ondernemings” by die CIPC te registreer; • ondernemings wat werknemers en/of eksterne diensverskaffers vir die lewering […]


Beleidsradarmeningstuk: Covid-19-inperkings en die impak op produksie

Covid-19 en die reaksie daarop is een van die grootste gebeurtenisse van die afgelope dekades. Soos in ’n onlangse Sakeliga Webinaar gemeen is, is daar groot druk op beleidmakers om op te tree. Dit is egter nie altyd duidelik wat die korrekte optrede is nie. Verskillende lande volg verskillende benaderings en uitkomstes verskil ooglopend. Die […]


Regering aanvaar verskeie Sakeliga-voorstelle aan inperkingsregulasies 

Sakelui en hul werknemers mag nou van die huis af werk. Dít en verdere verslappings en regstellings is vervat in regulasies wat die regering vanoggend gepubliseer het, soos die afgelope vier dae dringend en in verskeie regsbriewe deur Sakeliga versoek.  Verdere regstellings en verslappings sluit in dat kritieke onderhoud nou ook uitdruklik as noodsaaklike dienste geklassifiseer word. Ook is sakelui en die publiek se reg op skadevergoedingseise teen verkeerde wetstoepassing nou duidelik herstel. “Sakeliga verwelkom die aanvaarding van hierdie wysigings. Ons is steeds in kommunikasie met verskeie staatsdepartemente […]


Sakeliga verwelkom gedeeltelike afwysing van BEE-regulasies 

Die sakeorganisasie Sakeliga verwelkom die gedeeltelike afwysing in sommige regeringskringe van BEE-vereistes voordat hulp aan klein en middelslag ondernemings (KMMO) toegestaan word. Die organisasie bly egter besorg dat nie alle staatsdepartemente aan boord is nie. Sakeliga maak daarom vanaand op www.sakeliga.co.za ‘n platform vir sakelui beskikbaar, waar hulle Sakeliga op hoogte kan hou van hul hulpaansoeke en uitkomste. “Ons verwelkom die departement van kleinsakeontwikkeling se openbare afwysing van die gelekte konsep BEE-kriteria vir KMMO-verligting. […]


Sakeliga sal nie rassisme teen KMMO’s duld nie 

Die sakeorganisasie Sakeliga het vandag rasbaseerde kriteria vir Covid-19 finansiële bystand aan klein besighede verwerp. “Ons merk met kommer dat die nuut-gestigte hulpfonds vir klein en medium sakeondernemings van aansoekers vereis om die ras van aandeelhouers en werknemers aan te dui. Die Covid-19 krisis is allesbehalwe die tyd vir die regering om BEE-kriteria toe pas. Dit is tyd vir ‘n buitengewone ophef van oorbodige ideologiese ingrepe sodat die klein- […]


Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga en Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging oor selfverantwoordelikheid en selfdoen te midde van Covid-19.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging gesels met Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, oor die uitgebreide planne wat die Solidariteit Beweging maak om die impak van Covid19 te versag en hoe dit jou kan help. Die hulplenigingsorganisasie, Helpende Hand, bied bystand waar ouetehuise, skole en dagsorgsentrums geraak word. Die werknemersorganisasie, Solidariteit het […]


Beleidsradar: Meer geld na munisipaliteite? Eiendomsontwikkeling – heffings in wetsontwerp geformaliseer 

Die nasionale tesourie het onlangs voorgestelde veranderinge aan munisipale wette vir openbare kommentaar bekendgemaak in die vorm van die Munisipale Fiskale Magte en Funksies Wysigingswetsontwerp [van 2019].   Die Wetsontwerp stel wysigings voor op die 2007-wet wat munisipaliteite se vermoë om plaaslike belastings en bykomende belastings te hef op dienste soos elektrisiteit, water en riolering. Die […]



Tyd vir buitengewone besigheid

Sakeliga hou webinaar vir besighede oor COVID-19   “In belang van openbare gesondheid is dit nou tyd vir buitengewone besigheid. Sakeliga moedig sakeondernemings aan om redelike maatreëls te tref om die verspreiding van die COVID-19-siekte aan bande te lê en terselfdertyd kreatiewe maniere te kry om oop en ‘n lopende saak te bly.” So sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van die sakeorganisasie Sakeliga, na aanleiding van die regering se […]


Sakeliga-grafieke – ‘n vinnige oorsig van die BBP-groei in K2 2019

Statistieke Suid-Afrika het onlangs die BBP-syfers vir die tweede kwartaal van 2019 bekendgemaak. Daar was inderdaad ‘n opswaai in die ‘amptelike’[1] koers van -3,1% in K1 tot by +3,1% in K2. Volgens die syfers is ‘n ‘tegniese resessie’ miskien vrygespring, maar in die groter prentjie is dit minder belangrik. Dit is eerder die tendens van […]