Nuus > In diepte > 70%-aandeelhouding en R100 miljoen-bydrae

Francois van Niekerk, medestigter van Atterbury, het op 22 April 2016 as gasspreker by ons sakeontbyt in Pretoria opgetree. Die gesprek het gehandel oor sy nuwe boek “Doing business with purpose”. Die vol saal van sakemanne en -vroue het aan sy lippe gehang.

“Ons het God die beherende aandeelhouer gemaak. Hy besit nou 70%” Dit was ‘n lang pad wat begin het met ʼn noodkreet en gelofte. Francois het in 1989 beloof dat hy 30%-aandeelhouding vir God van sy maatskappy wat op daardie stadium bankrot was, sal gee. Met ʼn verleë glimlag het hy met die rekenmeesters in die gehoor gepraat: “Julle weet mos hoe baie is 30% van ʼn bankrot maatskappy werd”. Die gaste het veral sy opregtheid, nederigheid, kennis, ervaring en skerp opmerkings geniet.

Erken jou eie swakheid. Moet jou nie assosieer met beginsellose politiek in ‘n organisasie nie. Jy het suiwer mag tot jou beskikking in jou besigheid deur God en die Heilige Gees… “Dit is nie voorspoedteologie nie, maar ʼn fokusverskuiwing,” het hy bygevoeg. ʼn Soeke na en ʼn berusting by dít wat God wil. Natuurlik beteken dit nie sit en niks doen nie. Bid eers, wees geduldig vir ʼn antwoord, en werk dan hard.

Francois se besighede verseker dat daar jaarliks miljoene deur middel van die Mergon Foundation vir volhoubare Koningkryksprojekte bygedra word. In 2015 is daar R90 miljoen bygedra en hulle doelwit is om dit in 2016 na R100 miljoen op te stoot.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF