Inisiatiewe > Regsuksesse > Afbrekende politieke retoriek kweek ’n klimaat vir onwettige grondgrype – Sakeliga

Sakeliga merk verskeie gewelddadige proteste wat in die huidige verkiesingseisoen dwarsoor Suid-Afrika uitbreek. Ons is besonder verontrus oor protesoptrede langs die N2 in Somerset-Wes, waar daar reeds gepoogde grondgrype, gewelddadige protes en vernietiging van eiendom voorgekom het.

Volgens Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, word ’n klimaat vir onwettige grondgrype gekweek deels deur afbrekende politieke retoriek oor eienaarskap van grond, waaraan sommige politieke partye deelneem.

“Ongeag wat die onderliggende oorsake van hierdie protes is, word ’n vernietigende verontagsaming van eiendomsregte aangemoedig deur onverantwoordelike en kortsigtige politieke uitlatings. Politieke partye wat eiendomsregte vir korttermyn-verkiesingsvoordeel aftakel, dobbel met die toekoms,” meen Van Onselen.

“Voorts is die huidige verval van die sekerheid van eiendomsreg in geregtelike en politieke diskoers erg verontrustend. Hierdie aftakeling skrik privaat beleggers af en sal Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling belemmer.”

Oproepe vir onteiening sonder vergoeding rig baie skade aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aan. Een manier hoe dit gebeur, is deur onwettige grondbesetting aan te moedig. Onwettige grondbesetting is nie tot landbougrond beperk nie maar kom dikwels ook in stedelike gebiede voor, insluitende kommersiële gebiede.

Sakeliga verwag dat grondgrype in 2019 sal versnel, tensy sakelui en gemeenskappe help om dit teen te staan. Om eiendom en eiendomsregte te help beskerm, het Sakeliga die Landgrab911-platform / Grondgryp911-platform ingestel wat vir sy lede stap-vir-stap-instruksies bied hoe om grondgrype te voorkom en toegang te kry tot bekostigbare regsbystand en belangrike rekords wat deur die Landmeter-generaal gehou word.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN