Nuus > In die media > AfriSake behaal sukses: SAPD en Tshwane Metro moet opdok

AfriSake in samewerking met hul regspan het onderskeidelik op 31 Augustus en 1 September 2017 drie finale hofbevele bekom om te verhoed dat enige onwettige betreders grond in gebiede in Pienaarspoort en Bronkhorstspruit betree. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) asook die Tshwane-metropolisie is ook aangemaan om grondeienaars in hierdie verband by te staan soos uiteengesit in die Grondwet en die Wet op Suid-Afrikaanse Polisiediens (wetno. 68 van 1995). Die regter het ook ’n kostebevel in die guns van AfriSake en die grondeienaars toegestaan.Die sukses kom na aanleiding van drie dringende interdikte waarmee AfriSake verskeie grondeienaars in dié gebiede oor die afgelope 12 maande bygestaan het.

“Ons is bly dat die SAPD en die metropolisie aanspreeklik gehou word vir die koste. Die staat het ál drie die aansoeke teëgestaan omdat hulle meen dat dit ongegrond is. Die regter se uitspraak beteken dat die staat in die toekoms gaan sukkel om in soortgelyke sake te seëvier. AfriSake oorweeg dit ook om ’n siviele eis teen die staat in te stel nadat ons met ons regspan gekonsulteer het,” sê Charles Castle, bestuurder van die arbeidsregadvieseenheid by AfriSake.

“Grondeienaars moet aanhou teëstand teen ongegronde grondgrype bied en die regte prosesse volg om te verseker dat hul eiendomsreg doeltreffend beskerm word,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

Die media is welkom om die sakeregtewaghond te kontak om toegang tot hierdie bevele te bekom.

 

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF