Nuus > In die media > AfriSake bied suksesvolle inligtingsessies oor grondonteiening aan

AfriSake het op 4 April 2018 in samewerking met AfriForum ’n reeks inligtingsessies oor onteiening sonder vergoeding van stapel gestuur.

Die publiek se behoefte aan akkurate inligting oor die huidige proses om onteiening sonder vergoeding te wettig – soos op 27 Februarie 2018 deur die parlement goedgekeur – het AfriSake genoop om inligtingsessies hieroor in al nege provinsies aan te bied. Die eerste drie suksesvolle sessies is reeds in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng gehou.

Die inligtingsessies fokus hoofsaaklik op die verskillende vorme van onteiening wat die wysiging van artikel 25 van die Grondwet tot gevolg kan hê, asook op grondgrype en die implementering van ander wetgewing wat onteiening sonder vergoeding wettig sal maak. Dié inligting is noodsaaklik om elke burger van Suid-Afrika in staat te stel om ingeligte besluite in hierdie verband te maak.

AfriSake staan reeds alle vorme van grondonteiening teen en sal voortaan aktief deelneem aan enige openbare prosesse oor die wysiging van die Grondwet soos voorgestel deur die grondwetlike hersieningskommissie. AfriSake versoek die publiek om ook aktief aan hierdie prosesse deel te neem sodat elkeen se stem gehoor kan word.

AfriSake het reeds:

  1. enige AfriSake-lid uitgenooi om ons te nader vir ’n toetssaak oor onteiening sonder vergoeding;
  2. ’n nasionale inligtingsveldtog van stapel gestuur wat op 11 Mei 2018 tot ’n einde kom;
  3. aan die openbare deelnameproses deelgeneem;
  4. internasionale skakeling bewerkstellig;
  5. met belanghebbende partye uit die burgerlike samelewing en politieke organisasies gekoördineer;
  6. op regsaksie voorberei indien artikel 25 van die Grondwet gewysig word;
  7. ander vryemarkorganisasies ondersteun om titelaktes aan begunstigdes te verskaf om eiendomsekerheid te bewerkstellig;
  8. ’n handleiding saamgestel oor hoe om jou eiendom onaanloklik te maak, wat ’n kort uiteensetting van die verskil tussen grondgrype en -eise bevat;
  9. meer as 1 700 hektaar eiendom teen onwettige betreding en grondgrype beskerm;
  10. kommentaar op menig wetsontwerp ingedien wat teen die eiendomsbesit en -reg indruis;
  11. twee groot grondeise, onderskeidelik in Pretoria-Noord en Gauteng-Suid, teengestaan; en
  12. interdikte bekom teen die BLF, EFF, Andile Mgxitma en Julius Malema om hulle te verbied om mense aan te hits om grond te gryp.

“Na afloop van die inligtingsveldtog sal AfriSake ongeveer 1 000 mense persoonlik toegespreek het. AfriSake en AfriForum hoop dat hierdie inligtingsessies mense met die nodige kennis en feite sal bemagtig sodat hulle tot die debat oor onteiening kan toetree,” sê Armand Greyling, regs-en-beleidsanalis by AfriSake.

Besoek www.stoponteining.co.za om te sien wanneer AfriSake en AfriForum in jou dorp praat.

Die grondwetlike hersieningskommissie se nasionale veldtog word in Mei 2018 van stapel gestuur. Vind hierby aangeheg die kommissie se nasionale deelnameproses.

Besoek gerus AfriSake se webtuiste by www.afrisake.co.za vir meer inligting of om ’n lid te word.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN