Nuus > In die media > AfriSake hou Blitsberaad oor onteiening sonder vergoeding

Die sakeregte-waghond AfriSake bied, in samewerking met verskeie organisasies, op Dinsdag 6 Maart 2018 ’n blitsberaad oor onteiening sonder vergoeding aan. Dít volg nadat die EFF se mosie oor ’n grondwetwysiging oor grondonteiening sonder vergoeding gister in die parlement geslaag het.

Organisasies wat reeds hul deelname aan die blitsberaad bevestig het, sluit in AfriSake, AfriForum, AgriSA, die FW de Klerk Stigting, die Instituut vir Rasseaangeleenthede, Solidariteit, TLU en die Vryemarkstigting.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê dit is van kardinale belang dat die burgerlike samelewing dringende stappe neem om eiendomsreg te beskerm: “Die doel van die beraad is om die onderskeie organisasies se interpretasie van die EFF en ANC se mosie, die politieke verwikkelinge en die pad vorentoe te bespreek. Ons rig ’n ope uitnodiging aan enige organisasie wat die beskerming van eiendomsreg in Suid-Afrika op die hart dra om by die blitsberaad aan te sluit.”

“Die ANC se aanvaarding van die beginsel van onteiening sonder vergoeding het ’n nuwe politieke landskap in Suid-Afrika daargestel: een waar die radikale Julius Malema en sy EFF se verregaande beleidspunt skielik hoofstroom geword het. Alhoewel daar rede is om te glo dat president Cyril Ramaphosa die impak daarvan wil beperk, is dit ongelukkig ’n realiteit dat sy moontlike versigtigheid geen waarborg vir stabiliteit is nie. Die minagting van eiendomsreg wat nou geduld en gevoed word, is besig om al die verkeerde verwagtinge by kiesers te skep, en lê die grondslag vir ’n nuwe, radikaler politieke fase in Suid-Afrika. Dit móét teengestaan word,” sê Le Roux verder.

Uitnodigings is ook aan die vier partye wat gister in die parlement teen die mosie gestem het, naamlik die ACDP, COPE, DA en VF+, gerig. Daar word verder op terugvoer van verskeie ander organisasies gewag.

  • AfriSake is ’n onafhanklike sakeorganisasie wat optree vir die beskerming van eiendomsreg, die vryemark en in die belang van ’n voorspoedige ekonomie. AfriSake is in 2011 opgerig en het tans meer as 12 000 lede.

Organisasies en media wat die beraad wil bywoon, kan vir AfriSake kontak.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN