Nuus > In die media > AfriSake sal Suid-Gauteng-grondeis aanhou teenstaan

AfriSake het bevestiging van sy prokureurs gekry dat die sakeregtewaghond se aansoek om toe te tree tot en gevolglik die Bakwena Ba Mare Phagole-grondeis teen te staan, op al die betrokke partye en regeringsinstellings beteken is. Hierdie grondeis affekteer groot dele van die suide van Gauteng.

Die eisers poog nou om die tydperk waartydens die publiek voorleggings kon maak om die eis teen te staan, ter syde gestel word. Hierdie tydperk is met ’n bykomende 90 dae vanaf 10 Maart 2017 verleng. Indien die eisers hierin slaag, sal dit die nadelige effek hê dat alle voorleggings wat tydens hierdie tydperk gemaak is, ongeldig word.

Die oorspronklike tydperk vir kommentaar was 60 dae vanaf 4 November 2016. AfriSake het egter aangevoer dat hierdie tydperk te kort was en druk op die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming geplaas vir ’n verlenging.

AfriSake voer aan dat Harry Maphuta, die streeksgrondeiskommissaris, se verlenging van die tydperk vir kommentaar ’n regverdige administratiewe handeling is wat nie ter syde gestel kan word nie. Die omvang van die grondeis, asook die hoeveelheid belanghebbende partye wat daardeur geaffekteer word, beteken dat die verlenging in die belang van geregtigheid was. Daar was ook teenstrydige berigte van die kommissie self, sowel as in die media, oor wanneer die eerste tydperk vir kommentaar geëindig het.

AfriSake is in elk geval van mening dat hierdie eis sonder meriete is en het ’n navorsingsverslag, met behulp van ’n onafhanklike navorser, ingedien om dit te betwis. “Selfs al dien die meriete van die eis nie tans voor die kommissie vir oorweging nie, is dit in belang van geregtigheid dat sowel hierdie verslag as publieke kommentaar oorweeg word om die kommissie te help om ’n ingeligte besluit oor die geldigheid van die eis te maak,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

Die publiek en veral geaffekteerde partye word aangemoedig om die grondeisekommissie se belanghebbersvergadering wat terugvoer gaan gee oor hierdie grondeis, by te woon. Hierdie vergadering gaan op 19 Maart 2018 om 10:00 by die Birchwood-hotel en OR Tambo-konferensiesentrum plaasvind. Bevestig jou bywoning deur ’n e-pos na Bakwena.Claim@drdlr.gov.za te stuur, of skakel 012 310 6526 of 071 607 4626.

Geaffekteerde eienaars word ook aangemoedig om lede van AfriSake te word ten einde te poog om te keer dat hierdie eis onbestrede aanvaar word. Besoek asseblief ons webtuiste by www.afrisake.co.za vir verdere besonderhede of stuur ’n e-pos na diens@afrisake.co.za.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF