Nuus > In die media > AfriSake stel nuwe uitvoerende hoof aan

Die sakeregte-organisasie AfriSake het Piet le Roux as sy nuwe uitvoerende hoof en direkteur aangestel. Le Roux begin vandag, 1 September 2017, in dié posisie.

“Le Roux se aanstelling kom net op die regte tyd. Te midde van druk op sakelui ervaar AfriSake indrukwekkende groei. Ons het tans byna 12 000 lede en hierdie getal neem maandeliks toe. Le Roux het die visie en uitvoerende vermoë om AfriSake as ’n sterk, selfstandige sakenetwerk in uitdagende omstandighede te lei,” sê Steve Booysen, voorsitter van AfriSake se direksie.

“Die ondersteuning van sy lede, goeie leierskap en toegewyde personeel het AfriSake in staat gestel om gedurende die afgelope paar jaar as ’n sterk sakeorganisasie te vestig. AfriSake is ’n sakenetwerk vir sy lede, een waarvoor die beskerming van eiendomsreg en ’n  markekonomie sentraal staan. Dit is ’n voorreg om hierby in te skakel,” sê Le Roux.

“Ek sluit by AfriSake aan te midde van wesenlike ekonomiese en politieke probleme in Suid-Afrika. Tog is die probleme nie onoorkomelik nie, mits ’n mens die regte benadering volg. Die vereiste benadering is – en dit volg AfriSake reeds – om sowel teenstand teen verval te bied as om die alternatief van ’n sterk, selfstandige instelling in plek te stel daar waar verval onvermydelik is: ’n sakenetwerk waarbinne en waarmee besigheid gedoen kan word selfs al loop dinge in die staat skeef. Ek sien daarna uit om met hierdie benadering voort te gaan ten einde ’n sakenetwerk bestand teen staatsverval te help vestig,” sê Le Roux verder.

Le Roux sê voorts hy sien daarna uit om saam met ander organisasies te werk. “’n Gesonde ekonomie en ’n gesonde burgery met ’n verskeidenheid selfstandige instellings gaan hand aan hand.”

Le Roux het in 2002 aan die Augsburg Landbougimnasium op Clanwilliam gematrikuleer, waarna hy ’n honneursgraad in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch (US) en ’n meestersgraad in ekonomie aan Unisa verwerf het. Hy is die voormalige akademiese hoof van Akademia, asook ’n voormalige hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI)

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN