Nuus > In die media > AfriSake stuur aanmaningsbrief aan Eskom oor beplande kragonderbrekings in Musina

AfriSake het ’n aanmaningsbrief aan Eskom gestuur oor die beplande kragonderbrekings in Musina. Dié dorp staar kragonderbrekings in die gesig ná dit aan die lig gekom het dat die Musina Plaaslike Munisipaliteit Eskom ’n yslike R72 miljoen skuld. Eskom dreig nou om die dorp se kragtoevoer met ingang 6 Julie af te sny.

Dorpsinwoners kon tot en met 18 Junie 2018 voorleggings aan Eskom maak om te verduidelik waarom die kragtoevoer nie onderbreek moet word nie. AfriSake het ook ingegryp deur ’n aanmaningsbrief aan Eskom te stuur wat versoek dat Eskom nie hierdie roete moet inslaan nie weens die gevolge wat dit vir die ekonomie en prioriteitsdienste kan inhou.

“Met beurtkrag wat skynbaar weer eens die norm in Suid-Afrika word, gaan Eskom voort met sy aanslag op die onskuldige verbruiker deur krag te onderbreek na munisipaliteite wat in gebreke bly om hul rekenings te betaal. In sy brief bring AfriSake hofsake onder Eskom se aandag waar howe die elektrisiteitverskaffer verbied het om krag na plaaslike munisipaliteite te onderbreek. Sommige van hierdie sake is tans besig om hersien te word. Eskom sal verstandig wees om te wag totdat ten minste een van hierdie groot sake beslis word voordat hy die vernietigende en arbitrêre roete inslaan van kragonderbrekings as ’n manier om skuld in te vorder,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake.

Eskom het in elk geval ander remedies tot sy beskikking om munisipale sake te hanteer, naamlik ingryping deur die provinsiale of nasionale regering. Dit blyk dat Eskom hierdie remedies egter wil omseil sonder enige gedagte aan onskuldige verbruikers.

Indien Eskom AfriSake se voorstelle ignoreer, sal regsaksie ingestel word ten einde ’n nasionale in plaas van ’n plaaslike oplossing te kry vir die kragtoevoerkrisis wat Suid-Afrika tans in die gesig staar.

 

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!