Nuus > In die media > Aktekantoor bly voorlopig in Vryburg

The Forum of Concerned Residents of Vryburg en die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het ’n skikking bereik wat behels dat die aktekantoor op Vryburg voorlopig sal oopbly. Die Forum is deur AfriSake verteenwoordig en bygestaan om te verseker dat akteregistrasies in sekere gedeeltes van die Noord-Kaap nie na die Kimberley aktekantoor verskuif word nie, ten minste nie totdat die implementering van die elektroniese akteregistrasiestelsel afgehandel is nie.  

Voormalige minister Gugile Nkwinti het in Julie 2016 die onderneming gegee dat bovermelde aktekantoor nie verskuif of verander sal word nie, tog is AfriSake deur besorgde inwoners genader nadat dit bekend geword het dat sekere akteregistrasies op 1 April 2018 na Kimberley verskuif sou word sonder behoorlike openbare deelname. Weens die broos toestand van Vryburg se plaaslike ekonomie, asook die besigheidsbelange en beleggings in daardie gebied, het AfriSake die minister se kantoor gekontak om hierdie verrigtinge stop te sit.

Nkwinti sou hierdie onderneming skriftelik uiteensit, maar was nie langer by magte nie omdat hy daardie selfde aand deur pres. Cyril Ramaphosa as die nuwe minister van water en sanitasie aangewys is. Nkwinti is deur minister Maite Nkoana-Mashabane vervang. AfriSake het daarna die Noord-Gautengse hoë hof op ’n dringende basis genader, waarna die partye ooreengekom het om die aktekantoor op Vryburg voorlopig oop te hou, hangende die uitkoms van ’n verhoor in die hof rondom die feite van die saak.

“As ’n organisasie wat vir welvarende besigheidsomgewings veg, met ’n klem op vryemarkgesag, moes ons in hierdie saak ingryp. Veral as in ag geneem word dat die dorp rondom die aktekantoor ontstaan het en alle besigheidsbelange daaraan gekoppel is. Ons is tevrede met hierdie tydelike positiewe uitkoms,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis verbonde aan AfriSake.

 

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF