Nuus > In die media > ANC en EFF wil onteien sonder vergoeding: AfriSake sê nee.

AfriSake sal nie berus by onteiening sonder vergoeding nie, maak nie saak of dit deur die ANC of die EFF gedryf word nie.

Grondeienaars behoort die termyn van president Cyril Ramaphosa te beskou as ‘n vensterperiode vir die verskansing van hul bates, selfs al is dit onwaarskynlik dat enige onteiening sonder vergoeding onmiddellik sal geskied, sê die sakeorganisasie.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê Ramaphosa se opmerkings in die Huis van Tradisionele Leiers en die EFF se mosie vir onteiening sonder vergoeding in die parlement vandag is ongelukkig lank nie die einde nie: “Die ANC se aanvaarding van die beginsel van onteiening sonder vergoeding het ‘n nuwe politieke landskap in Suid-Afrika daargestel: een waar die radikale Julius Malema en sy EFF se verregaande beleidspunt skielik hoofstroom geword het. Alhoewel daar rede is om te glo dat mnr Ramaphosa die impak daarvan wil beperk, is dit ongelukkig ‘n realiteit dat sy moontlike versigtigheid geen waarborg vir stabiliteit is nie. Die minagting van eiendomsreg wat nou geduld en gevoed word is besig om al die verkeerde verwagtinge by kiesers te skep, en lê die grondslag vir ‘n nuwe, radikaler politieke fase in Suid-Afrika.”

Le Roux sê AfriSake beskou die termyn van mnr Ramaphosa as ‘n vensterperiode vir grondeienaars: “Grondeienaars in Suid-Afrika kan op beide scenario’s voorberei: sowel die afwering van onteiening sonder vergoeding as die inwerkingstelling daarvan. Aan die een kant mag dit wees dat onder Ramaphosa, nieteenstaande sy openbare beloftes, onteiening sonder vergoeding afgeweer word. AfriSake gaan alles in die stryd werp om laasgenoemde te verseker – en ons versoek die publiek se steun hierin.”

“Aan die ander kant,” sê Le Roux, “is dit nodig om te erken dat die nuwe politieke landskap wel daartoe kan lei dat, nieteenstaande enige pogings deur ‘n gematigde vleuel binne die ANC, onteiening sonder vergoeding tog ingestel word. Daarom is dit noodsaaklik vir grondeienaars om die huidige tydperk te beskou as ‘n venster van geleentheid om hul eiendom so te struktureer dat dit onaanloklik vir onteiening is, of met minimum verlies gepaard sal gaan.”

Met die oog op die verskansing van eiendomsreg het AfriSake intussen agt wenke vir grondbesitters saamgestel. Die wenke dui op wyses vir hoe grond so gestruktureer kan word dat dit onaanloklik vir onteiening is. Die agt wenke kan hier afgelaai word.

“AfriSake ondersteun eiendomsreg. Ons monitor wat in die parlement gebeur, lewer insette, en neem waar nodig sake na die hof. Maar dit sou nie genoeg wees om net op beter politieke besluite staat te maak nie. Daarom werk ons ook om ons lede se belange – en die openbare belang – te beskerm selfs onder die slegste moontlike politieke leierskap.”

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN