Beleidsradar: Meer geld na munisipaliteite? Eiendomsontwikkeling – heffings in wetsontwerp geformaliseer 

Mar 21, 2020 | Alle Nuus, Beleidsradar, Featured Artikels, Mediaverklarings, Nuus

Die nasionale tesourie het onlangs voorgestelde veranderinge aan munisipale wette vir openbare kommentaar bekendgemaak in die vorm van die Munisipale Fiskale Magte en Funksies Wysigingswetsontwerp [van 2019].  

Die Wetsontwerp stel wysigings voor op die 2007-wet wat munisipaliteite se vermoë om plaaslike belastings en bykomende belastings te hef op dienste soos elektrisiteit, water en riolering. Die Wetsontwerp beoog om ‘ontwikkelingskoste’, wat munisipaliteite op nuwe eiendomsontwikkelings hef vir die verskaffing van “grootmaat munisipale infrastruktuur”, te formaliseer en reguleer.  

Ontwikkelingskoste verwys spesifiek na eenmalige munisipale koste wat van grondeienaars gehef word wanneer hulle aansoek doen om ’n nuwe eiendom te ontwikkel. Hierdie koste sal bereken word gebaseer op ’n beraamde geskeduleerde koste van verskaffing (en instandhouding) van grootmaat munisipale infrastruktuur.  

Heelwat munisipaliteite hef reeds “grootmaat infrastruktuur bydraeheffings” (BICL’s) vir die verskaffing van grootmaat munisipale dienste (soos water, riolering en paaie).  

Die vraag is natuurlik of die Wetsontwerp, indien dit goedgekeur word, sou lei tot netto verhogings in munisipale koste wat gehef word op nuwe ontwikkelings, terwyl daar in gedagte gehou word die bestaande las van belasting en bybelasting wat reeds gehef word op eiendomseienaars, munisipale belastingbetalers en besighede.  

Ons is besorg oor die werklike moontlikheid dat ontwikkelingskoste die las van munisipale finansiering wat reeds op die privaatsektor rus, aansienlik sou vermeerder. Die vraag word dan hoeveel meer geld die privaatsektor sou moes bydra vir die bedryf en finansiering van munisipaliteite en munisipale infrastruktuur.   

Oormatige duur ontwikkelingskoste sou natuurlik ook nuwe eiendomsontwikkeling en ekonomiese aktiwiteit kon ontmoedig. 

Aangesien dit ’n nasionale wetsontwerp is, sou dit hoogs waarskynlik lei tot die vestiging van gestandaardiseerde metodes om ontwikkelingskoste te bepaal. Hierdie metodes en formules sou waarskynlik landwyd op ’n soortgelyke en gereguleerde wyse toegepas word. Munisipaliteite sou klaarblyklik egter steeds hul eie beleide en skedules oor ontwikkelingskoste kon ontwikkel en bekendmaak. Mits die wetsontwerp deurgaan, sou besighede, ontwikkelaars en munisipale belastingbetalers hierdie beleide in hul spesifieke munisipaliteite moet monitor.     

Op die oog af dui die wetsontwerp op ’n nie onaansienlike wysiging van munisipale fiskale wette. Bowendien is dit klaarblyklik daarop gemik om meer geld na munisipaliteite te laat vloei.   

’n Pamflet wat saam met die wetsontwerp uitgegee word, verduidelik byvoorbeeld:  

Die ontvangste wat munisipaliteite verkry van ontwikkelingskoste sal druk op munisipale balansstate verlig, wat pro-arm beleggingsprogramme sal toelaat om universele toegang tot basiese dienste te verkry, terwyl hulle ook belegging bestee op infrastruktuur wat groei ondersteun vir dié wat kan bekostig om te betaal. 

Die pamflet lees verder:  

Gegewe die aansienlike aanvraag vir munisipaliteite om belegging in ekonomiese infrastruktuur te prioritiseer, en in ag genome dat bedryfsoorskotte saam met fiskale oordragte nie voldoende is om groei en stedelike ruimtelike transformasie te ondersteun nie, sal die ontwikkelingskosteraamwerk die inkomstestrome vermeerder om strategiese munisipale infrastruktuur te finansier, wat munisipaliteite in staat sal stel om by te dra tot die regering se strategiese prioriteite deur infrastruktuur op ’n tydige en voldoende wyse te verskaf. 

Die wetsontwerp maak klaarblyklik voorsiening vir herverdeling, weg van dié wat belastings en koste betaal, na ‘pro-arm’ ontwikkelings. Toelae en vrystellings sal gebruik word om sekere projekte vry te stel van ontwikkelingskoste betaal. Waar toelae of vrystellings toegeken word, moet munisipaliteite ander bronne van inkomste vir die infrastruktuur identifiseer, wat daarop mag neerkom  dat die beleid ook die oorblywende bydraende munisipale belastingbetalers se heffings mag affekteer.   

Ontwikkelaars, munisipale belastingbetalers en ander geïnteresseerde partye word aangemoedig om nou te let op die Wetsontwerp en die waarskynlike impak daarvan na te gaan 

Verwys na die volgende skakels om die Wetsontwerp’n verduidelikende pamflet, en die tesourie se mediaverklaring, waarin gevra word vir openbare kommentaar, te lees. Let daarop dat die periode vir openbare kommentaar op 31 Maart 2020 sluit.