Nuus > In die media > Bepalings en voorwaardes vir regsbystand i.t.v grondgrypsake

AfriSake sal slegs AfriSake-lede bystaan. Bystand sal selgs in die vorm van ‘n regsaksie verskaf word, ten eiende grondgrype te verhoed en/of af te weer. Persone en/of entiteite wat bystand verlang, maar nie lid van AfriSake is nie, sal eerstens lidmaatskap moet aanneem alvorens enige bystand verleen sal word, onderworpe aan die voorgeskrewe prosedure soos onderaan beskryf.

AfriSake sal slegs bystand kan bied indien lede of nie-lede die uiteengesette proses soos hier aangedui volg.

Indien ’n nie-lid AfriSake se hulp versoek, sal ’n merietebepaling geskied en by goedkeuring daarvan sal die betrokke individu/maatskappy as lid van AfriSake moet toetree vir ’n minimum van 12 maande. ’n Individuele ooreenkoms sal met so ’n persoon/entiteit aangegaan word indien AfriSake die persoon/entiteit kan bystaan. Indien lidmaatskap voor die 12-maand periode gekanselleer word, sal die persoon/entiteit onmiddellik aanspreeklik wees vir enige en alle kostes deur AfriSake aangegaan in die lewering van bystand aan die betrokke lid en/of persoon, asook enige kostes om sodanige gelde in te vorder.

Dit is ’n voorvereiste dat lede die stappe soos uiteengesit in die grondgrypedokument moet volg voordat AfriSake tot ’n regsaksie kan oorgaan.

AfriSake sal slegs bystand kan lewer met betrekking tot ’n hofaansoek om ’n hofbevel te bekom. Enige verdere kostes wat direk, indirek of insidenteel aangegaan moet word om uitvoering aan die hofbevel te gee (bv. Rooimiere, baljukostes ens.) indien ‘n bevel suksesvol bekom sou word, sal vir die lid se eie rekening wees.  AfriSake aanvaar onder geen omstandighede enige aanspreeklikheid vir enige gewone of verspilde kostes aangegaan, of skade deur die lid of ander individu/entiteit gely t.o.v. die uitvoering van die hofbevel nie.

AfriSake is ’n organisasie sonder winsoogmerk en kan sodoende nie lede met individuele eiendomsregtelike kwessies bystaan nie (bv. uitsettingsaansoeke, invordering van gelde, huur- en verhuurooreenkomste of enige soortgelyke eiendomsregtelike kwessies nie). AfriSake sal slegs in dié verband – indien moontlik – basiese telefoniese advies kan verskaf.

Ons ag die besit van eiendom en die beskerming van eiendomsreg as die hoeksteen van ’n gesonde ekonomie en die bestaan van ’n demokratiese samelewing in Suid-Afrika. Dit is van kardinale belang dat ’n gesonde ekonomie seëvier en die besit van eiendomsreg en die vrye handel is direk hiermee verbind.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF