Staat wil jou AirBnB reguleer

Lewer kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op Toerisme.

Die Wysigingswetsontwerp op Toerisme gee die Minister die mag om voor te skryf:

hoeveel gaste deur AirBnB-eienaars gehuisves mag word in jou area,
hoeveel nagte jy jou gaste mag onthaal,
en meer!

Sakeliga is skepties oor die meriete van staatsinmenging in die toerismebedryf.

Sakeliga se ekonomiese en regsontleders stel tans omvattende kommentaar op en verlang toerismebedryfeienaars se insette. Neem deel aan Sakeliga se kommentaarproses vir die Wysigingswetsontwerp op Toerisme.

Gee jou insette

Insetkonferensies vind op 16 Mei in Kaapstad en 23 Mei in Pretoria plaas. Teken in op ons kommunikasielys om uitnodigings en die jongste inligting te ontvang.

Bespreek jou sitplek in

Kaapstad

Pretoria

  • Provinsie:
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Wees ingelig

Wat gebeur volgende

  1. Insette word ingesluit by Sakeliga se omvattende kommentaar.
  2. Korttermynverhuurders en AirBnB-eienaars kry geleentheid om die kommentaar te onderteken.
  3. Die massakommentaar word ingehandig.
  4. Sakeliga versoek ’n spreekbeurt in die parlement.
  5. Sakeliga neem deel aan openbare debat oor die kwessie.

Meer inligting oor die Wysigingswetsontwerp

Die Departement van Toerisme het die Wysigingswetsontwerp op Toerisme op 12 April 2018 gepubliseer vir openbare kommentaar. Sakeliga is besorg oor sekere bepalings in die Wysigingswetsontwerp, veral artikel 2, wat beoog om aan die Minister van Toerisme ingrypende magte te verleen om korttermyn-huisuithuurdienste, soos AirBnb, te reguleer.

Wat beteken die Wysigingswetsontwerp op Toerisme vir my as korttermynverhuurder?

Die voorgestelde wysiging gee vir die Minister wyd uiteenlopende bevoegdhede om korttermyn-huisverhuring te reguleer – soveel so dat dit eintlik bykans onmoontlik is om nou al die volle strekking daarvan te bepaal. Volgens uitlatings deur die Minister en die Departement aan die media is dit egter duidelik dat die strekking van hierdie wetgewing uiters ingrypend is – in so mate dat die aantal gaste in ‘n bepaalde buurt of gebied dalk ingeperk kan word, of dat minimum of maksimum getal aande se verblyf voorgeskryf word.

Wat beteken die Wysigingswetsontwerp op Toerisme vir my as verbruiker?

Oormatig streng of wispelturige regulering sal uiteindelik vir die verbruiker die meeste skade berokken. Tans bied korttermyn-huisverhuringsdienste ’n gerieflike en goedkoop moontlikheid vir diegene wat ’n behoefte aan akkommodasie het. Selfs vir mense wat nié van hierdie tipe akkommodasie gebruik maak nie, is dit ook voordelig, omdat dit lei tot gesonde mededinging dwarsdeur die hele sektor wat prys en kliëntediens betref. Kortom – as hierdie wetswysiging aanvaar word, sal dit heel waarskynlik lei tot duurder en minder aangename akkommodasie.

Wat beteken die Wysigingswetsontwerp op Toerisme vir my as eienaar of bestuurder van ’n hotel of gastehuis?

Hoewel dit met die eerste oogopslag dalk kan voorkom asof hierdie wetswysiging groter besighede in die bedryf kan bevoordeel, is daar goeie rede om te glo dat dit, op die lang termyn, tot almal se nadeel sal wees. As korttermyn-verhuringsdienste die geleentheid gegun word om selfregulering toe te pas, sal dit ’n presedent stel wat uiteindelik ook gebruik kan word om onnodige regulering van ander dele van die akkommodasiebedryf te beëindig. Die teenkant is egter ook waar – as hierdie ingrypende regulering in dié geval toegelaat word, is dit heeltemal moontlik dat dit ook na meer gevestigde besighede uitgebrei kan word.

Wat beoog Sakeliga om te doen om te verseker dat die speelveld vir alle markdeelnemers gelyk is?

Dit is duidelik dat daar reeds heelwat oorbodige regulering in die akkommodasiebedryf is. Sakeliga nooi dus ook die eienaars van gastehuise en hotelle uit om aan ons kommentaarproses deel te neem ten einde te verseker dat ook hierdie onbillike regulering daadwerklik teengestaan word.

WORD DEEL

VAN DIE GESPREK

facebookyoutubetwitter

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF