#HouDieKragAan

Steun Sakeliga se hofsaak teen Eskom oor kragonderbrekings

SAKELIGA PAK ESKOM: AGT MUNISIPALITEITE, MINSTENS 30 DORPE STEEDS OP ESKOM SE KRAG-SNY-LYS

Sakeliga het op 20 November ’n interdik teen Eskom bekom wat die kragreus verbied om Musina se elektrisiteitvoorsiening weens die wanbetaling van die dorp se plaaslike munisipaliteit te onderbreek. Die dringende aansoek sal geldig bly tot Sakeliga se hersieningsaansoek voor die hof dien. Dit sal dan uiteindelik die regsbeginsels vestig vir die hantering van toekomstige kragonderbrekings wat in soortgelyke gevalle deur Eskom beoog word.

Sakeliga benodig die steun van gemeenskapslede van dorpe wat deur soortgelyke probleme geteister word vir die komende hofsaak teen Eskom oor kragonderbrekings.

Waarom raak Sakeliga betrokke by ’n betaalgeskil tussen Eskom en ’n munisipaliteit?

Sakeliga se doel is om plaaslike ekonomieë te red, want as Eskom die krag afskakel, skakel dit die plaaslike ekonomie af. Sakeliga tree met hierdie regsaksie dus in die algemeen in belang van betalende gemeenskappe in wanbestuurde munisipaliteite op, maar in die besonder namens die sakelui in daardie gemeenskappe wat die plaaslike ekonomie (dus die gemeenskap) aan die gang moet hou.

Die saak is baie groter as Musina

Talle dorpe se krag is die afgelope jaar by tye in soortgelyke geskille afgesny. Intussen verskyn talle munisipaliteite en meer as twintig dorpe landswyd op Eskom se nuutste kragafsny-lys . Kragonderbrekings in dié dorpe word reeds in November in die vooruitsig gestel. Sakeliga en sy regspan het verskeie gevalle ondersoek en bevind dat die Musina-saak ideaal is om noodsaaklike regsbeginsels te vestig wat ook in ander gevalle toegepas kan word.

Wat is die mikpunt?

Sakeliga beoog om met hierdie aksie beginsels neer te lê vir ’n blywende oplossing van sulke skuldgeskille tussen Eskom en plaaslike munisipaliteite. Die basiese vertrekpunt is: die probleem moet opgelos word sonder dat plaaslike ekonomieë se krag afgeskakel word, want die plaaslike sakelui het reeds hulle kant gebring deur te betaal.

Eskom ontneem betalende gemeenskappe van kragdienste en gebruik as’t ware hierdie gemeenskappe as gyselaars in ’n betaalgeskil met wanbetalende plaaslike munisipaliteite.

Sakeliga benodig die steun van betalende gemeenskapslede, en in die besonder sakelui wat direk deur kragonderbrekings benadeel sal word, om ons saak te versterk. Voltooi ons aanlyn ondersteuningsvorm en tree op as gemeenskapsleier in jou dorp.

  • Provinsie:
  • Is jy ’n inwoner van die dorp of deel van die dorp se sakegemeenskap?
  • Is jy ’n lid van Sakeliga?
  • Sakeliga onderneem om jou op hoogte te hou oor hierdie belangrike saak en sal jou moontlik daaroor wil kontak. Merk die toepaslike blokkie indien jy nie gekontak wil word nie.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

WORD DEEL

VAN DIE GESPREK

facebookyoutubetwitter

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN