KiesMyKrag

#EkWilKiesWaarEkMyKragKoop

Ly jy skade as gevolg van beurtkrag? Neem deel aan Sakeliga se opname oor die impak van beurtkrag op jou besigheid se produktiwiteit en kontantvloei. 

ONDERTEKEN SAKELIGA SE VERSOEKSKRIF OOR DIE PRIVATISERING VAN KRAGVOORSIENING

Beste minister Gordhan, minister Mboweni en Meneer Hadebe

In die onlangse woorde van minister Gordhan: die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika sal ‘n spanpoging benodig om op te los. As besorgde sakelui en lede van die publiek skryf ons aan julle omdat sekere rasverwante tendervereistes by Eskom sodanige spanpoging tans onmoontlik maak.

Ons het of self ervaar of onlangs gemerk dat Eskom toenemend rasgebaseerde voorvereistes in sy tenderdokumente bepaal. Vandag word besighede wat nie 51% in swart besit is nie dikwels by voorbaat gediskwalifiseer om vir ‘n tender in aanmerking te kom. Dit is nie billik teenoor die van ons wat dit persoonlik moes ervaar nie. Dit is nie billik teenoor die veelvoud van verbruikers wat not nou minder betroubare toegang tot bekostigbare elektrisiteit het.

Deur kontrakteurs op grond van ras te diskwalifiseer ontneem Eskom – op ‘n kritieke tydstip vir die ekonomie en samelewing – elektrisiteitsverbruikers in Suid-Afrika van die volle omvang van koste-effektiewe kundigheid beskikbaar op die mark.

In die lig van die gewigtigheid van die elektrisiteitskrisis wil ons versoek dat u, as die drie top uitvoerende persone wat onderskeidelik werk met openbare werke, verkryging (procurement) en eletrisiteitsvoorsiening, oorweeg om rasgebaseerde voorvereistes vir kontrakteurs by Eskom op te skort. Die belang van die spanpoging wat u klaarblyklik ondersteun is alleen al voldoende gronde om so te doen.

Desnieteenstaande is daar ook die kwessie van die hangende hofsaak tussen sakeorganisasie Sakeliga en die minister van finansies. Die saak handel oor die wettigheid van die 2017 verkrygingsregulasies, ingevolge waarvan Eskom sy rasgebaseerde voorvereistes stel. Sakeliga voer aan dat hierdie 2017-regulasies ultra vires en ongrondwetlik is, omdat dit staatsondernemings toelaat om voorvereistes buite die raamwerk vir tendergeldigheid in die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkryging (Preferential Procurment Policy Framework Act – PPPFA) te bepaal. Die Wet laat nie toe dat die BBBEE-status van ‘n tender ‘n voorvereiste word nie, in teenstelling met hoe Eskom tans dikwels bepaal dat ‘n kontrakteur of subkontrakteur 51% in swart besit moet wees, of by voorbaat uitgesluit word.

Ons vra dat Sakeliga se argument en hul eersdaagse appel oorweeg enm hangende die uitkoms van die hofsaak, alle rasgebaseerde voorvereistes vir kontrakteurs by Eskom opskort. Sou Eskom wou voortgaan om ras in oorweging te neem by die bepunting van ‘n tender, laat dit dan so wees. Maar in die gees van die spanpoging wat nodig is om in hierdie land betroubare, bekostigbare toegang tot elektrisiteit te verseker, laat ons – ten minste vir nou – die gebruik van ras om diegene wat wil help by voorbaat te diskwalifiseer opskort.

  • Onderteken

  • Besit u 'n sakeonderneming? Dui aan hoe beurtkrag u besigheid raak:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

WORD DEEL

VAN DIE GESPREK

facebookyoutubetwitter

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF