Steun ons regsaksie teen inperkingsregulasies

Gee jou mandaat en steun vir Sakeliga se hofsaak teen die inperkingsregulasies

Sakeliga begin eersdaags met ‘n deurslaggewende hofsaak teen die regering se inperkingsregulasies. Die hofstukke is reeds beteken en Sakeliga sal argumenteer dat die regering nie die reg het om permitte, lisensies en sertifikate van besighede te vereis nie.

Die hof word versoek om

  • te beveel dat die regering nie opdrag kan gee aan staatsorgane om ingevolge die ramptoestand lisensies, permitte of sertifikate uit te reik nie, en ook nie van besighede vereis om dit te hê nie, afgesien van die permitte wat besighede self uitreik.
  • spesifiek te beveel dat nie die polisie of enige ander wetstoepassers by magte is om ‘n CIPC-sertifikaat, permit of lisensie vir noodsaaklike of toegelate produkte en dienste te eis nie, behalwe vir self-uitgereikte permitte.
  • regulasies, gepromulgeer deur deur minister van kleinsakeontwikkeling op 12 Mei, tersyde te stel. Die regulasies bepaal dat verskeie tipes ondernemings, insluitende sogenaamde (en tog ongedefinieerde) klein bakkerye, snuisterye, en hardewarewinkels, sowel as informele en mikro-restaurante en shisanyamas, en handelaars en ambagsondernemings, nie sonder ‘n lisensie vanaf ‘n munisipaliteit sake mag doen nie.

Waarom vra ons jou om die hofsaak te steun?

  • Want besigheidseienaars en hul werknemers word onregmatig verhoed om te werk en selfs arresteer. Besighede word onregmatig beveel om te sluit. Soms weens magsvergrype, maar meer dikwels weens onsekerheid by wetstoepassers oor die verwarrende permit-, sertifikaat- en lisensievereistes.
  • Want gemeenskapswelwillendheid word belemmer en die staat dreig om welwillendheid te sentraliseer. Gemeenskapsorganisasies moet sonder belemmering hulp kan verleen
  • Want besighede wat weens ras nie kwalifiseer vir enige regeringshulp nie, se enigste hoop om te oorleef is om sonder verwyl en belemmering oop te maak terwyl hulle verantwoordelik omgaan met enige mediese risiko’s

Sakeliga versoek die Hoë Hof om ‘n wye reeks van lisensiëringsvoorwaardes wat deur die loop van die Ramptoestand in die lewe geroep is tersyde te stel, asook om besighede, organisasies sonder winsoogmerk en werknemers te beskerm teen onregmatige belemmering en arres.

Piet le Roux, HUB van Sakeliga, het Saterdag op RSG Naweekaktueel gepraat.

| Luister | "Piet le Roux, HUB van Sakeliga, het Saterdag op RSG Naweekaktueel gepraat oor Sakeliga se opkomende regsaksie teen die regering oor die onregmatige toedrag van sake dat besighede, organisasies sonder winsoogmerk, eenmansake en ander organisasies of individue wat nie by die CIPC geregistreer is nie, vir sertifikate op die CIPC se webblad moet aansoek doen. Luister gerus na die onderhoud hier."

Posted by Sakeliga on Tuesday, 19 May 2020

Laai hier ons hofstukke af

Ondersteun ons hofsaak teen die regering

Voltooi die vorm en gee jou mandaat en steun. Indien jy ‘n besigheidseienaar is, gebruik ons jou mandaat om die erns en dringendheid vir die sakegemeenskap te onderstreep. As lid van die publiek plaas jou steun openbare druk.  

 

WORD DEEL

VAN DIE GESPREK

facebookyoutubetwitter

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF