Stop Onteiening

“Sakeliga ondersteun eiendomsreg. Ons monitor wat in die parlement gebeur, lewer insette, en neem waar nodig sake na die hof. Maar dit sou nie genoeg wees om net op beter politieke besluite staat te maak nie. Daarom werk ons ook om ons lede se belange – en die openbare belang – te beskerm selfs onder die slegste moontlike politieke leierskap.”

– Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga –

Sakeliga maak stem dik oor onteiening sonder vergoeding by Parlement

Sakeliga, lewer Vrydag, 7 September, om 11:35 ‘n voorlegging by die Parlement teen ‘n grondwetwysiging vir onteiening sonder vergoeding. Die aanbieding sal gedoen word deur Sakeliga se uitvoerende hoof Piet le Roux in samewerking met professor Koos Malan, konstitusionele kenner verbonde aan die Universiteit Pretoria.

Volg die gebeure regstreeks hier

Ons skriftelike kommentaar is reeds vroeër vanjaar ingedien: klik hier vir die Opsomming; en klik hier vir die Volledige Voorlegging.

Sakeliga beding unieke regshulp vir lede teen grondbesettings

In die lig van die skerp toename in onwettige grondbesettings het Sakeliga ‘n spesiale afslag vir sy Maatskappy- en Platinumlede beding. Hierdie lede van Sakeliga ontvang sowat 40% korting op die regskoste van ‘n dringende interdik, wat nodig is vir privaat sekuriteit om teen grondbesetters op te tree. Die spesiale afslag is beskikbaar by Hurter Spies Prokureurs, van wie ons in die verlede meermale met vrug gebruik gemaak het. Waar advokaat- en prokureurskoste by so ‘n dringende interdik maklik R50 000 kan beloop, is dit vir Sakeliga se Maatskappy- en Platinumlede teen ‘n vaste tarief van slegs R30 000 beskikbaar. 

Ons herinner lede graag aan hierdie voordeel, omdat dit noodsaaklik is om grondgrype in die kiem te smoor, voordat dit na omliggende gebiede uitbrei. Ons weet R30 000 is steeds ‘n klomp geld, en as die polisie hul werk gedoen het sou dit nie nodig gewees het nie. Tog sit ons met die realiteit dat die sakesektor meer en meer self ‘n gunstige sake-omgewing moet skep. En daarom wil ons met hierdie voordeel, sowel as andere wat ons mettertyd sal aankondig, vir lede bystaan om sowel hul eie belange as die gemeenskaplike belang te beskerm.

Indien jy of iemand waarvan jy weet hierdie regsvoordeel benodig, vul die onderstaande vorm in.

JONGSTE

NUUS

WORD DEEL

VAN DIE GESPREK

facebookyoutubetwitter

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN