Stop Onteiening
“Sakeliga ondersteun eiendomsreg. Ons monitor wat in die parlement gebeur, lewer insette, en neem waar nodig sake na die hof. Maar dit sou nie genoeg wees om net op beter politieke besluite staat te maak nie. Daarom werk ons ook om ons lede se belange – en die openbare belang – te beskerm selfs onder die slegste moontlike politieke leierskap.”
– Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga –
Onteiening sonder vergoeding ondermyn konstitusionele legitimiteit
“Die Grondwetlikehersieningskomitee se aanbeveling dat die Grondwet gewysig word om onteiening sonder vergoeding toe te laat ondermyn Suid-Afrika se konstitusionele legitimiteit. Die rede is dat konfiskasie, in die sin wat die parlement in gedagte het, ʼn aantasting is van die dieper idee van konstitusionalisme self.” Só sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van die sakeorganisasie Sakeliga, na aanleiding van die aankondiging van die komitee se aanbevelings.
Le Roux sê Sakeliga sal voortgaan om hierdie wysiging van die Grondwet teë te staan, aangesien die voorgestelde wysigings fundamenteel onaanvaarbaar bly.
Vir ʼn opsomming van Sakeliga se argument oor die gevaar van onteiening sonder vergoeding vir konstitusionalisme, internasionale reg en die ekonomie, lees hier.
Sakeliga beding unieke regshulp vir lede teen grondbesettings
In die lig van die skerp toename in onwettige grondbesettings het Sakeliga ‘n spesiale afslag vir sy Maatskappy- en Platinumlede beding. Hierdie lede van Sakeliga ontvang sowat 40% korting op die regskoste van ‘n dringende interdik, wat nodig is vir privaat sekuriteit om teen grondbesetters op te tree. Die spesiale afslag is beskikbaar by Hurter Spies Prokureurs, van wie ons in die verlede meermale met vrug gebruik gemaak het. Waar advokaat- en prokureurskoste by so ‘n dringende interdik maklik R50 000 kan beloop, is dit vir Sakeliga se Maatskappy- en Platinumlede teen ‘n vaste tarief van slegs R30 000 beskikbaar.
Ons herinner lede graag aan hierdie voordeel, omdat dit noodsaaklik is om grondgrype in die kiem te smoor, voordat dit na omliggende gebiede uitbrei. Ons weet R30 000 is steeds ‘n klomp geld, en as die polisie hul werk gedoen het sou dit nie nodig gewees het nie. Tog sit ons met die realiteit dat die sakesektor meer en meer self ‘n gunstige sake-omgewing moet skep. En daarom wil ons met hierdie voordeel, sowel as andere wat ons mettertyd sal aankondig, vir lede bystaan om sowel hul eie belange as die gemeenskaplike belang te beskerm.
Indien jy of iemand waarvan jy weet hierdie regsvoordeel benodig, vul die onderstaande vorm in.
JONGSTE
NUUS
AfriSake bied suksesvolle inligtingsessies oor grondonteiening aan
AfriSake het op 4 April 2018 in samewerking met AfriForum ’n reeks inligtingsessies oor onteiening sonder vergoeding...
lees meerAankondiging: AfriSake sal gratis regsaksie dryf vir eerste lid wat sonder vergoeding onteien word
AfriSake het vandag aangekondig dat dit gratis regsaksie sal instel namens sy eerste lid wat ’n slagoffer word van...
lees meer’n Oorsig van AfriSake se beraad oor onteiening sonder vergoeding
AfriSake het op Dinsdag, 6 Maart 2018 ’n beraad byeengeroep waar die voorste NRO’s en politieke partye die gevolge van...
lees meer