Sakeliga gaan minagtingsverrigtinge teen COGTA Minister instel
Sakeliga en sy regsverteenwoordigers finaliseer tans ‘n substantiewe aansoek om minagting van die hof teen die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, haar departement en sy direkteur-generaal. Die aansoek spruit uit ‘n bevel wat deur die Gautengse afdeling van die hooggeregshof Pretoria op 9 November 2022 toegestaan is. Die bevel verplig die minister, die […]
Sakeliga kry belangrike hofbevel teen regering oor munisipale verval
Die Noordwes Provinsiale Regering is vandag beveel om verantwoordelikheid te aanvaar vir die krisis in Ditsobotla, om met Sakeliga daaroor te konsulteer en om elke drie maande aan Sakeliga te rapporteer.
Fiskale Agteruitgang Verskerp Beleidsrisiko’s
Die onlangse agteruitgang van die Suid-Afrikaanse regering se finansies dien as ’n herinnering van sy anti-groei beleide en roekelose bestedingsgewoontes wat jaarliks groot hoeveelhede rykdom vernietig.
Sakeliga verwelkom en ondersteun twee belowende inisiatiewe in Ditsobotla
Om stabiliteit en welvaart terug te bring na plaaslike ekonomieë en gemeenskappe is van kardinale belang om ‘n algehele destabilisasie te vermy. Gegewe sy gevorderde mate van ineenstorting, beskou Sakeliga Ditsobotla as ‘n belowende saak vir die ontwikkeling van antwoorde wat na ander munisipaliteite kan skaal.
Sakeliga prys amptenare van Tshwane en Kaapstad vir vasberade standpunt teen kriminele geweld
Sakeliga het briewe van aanmoediging aan die burgemeesters van Kaapstad en Tshwane gestuur waarin hulle en hul stede se amptenare geprys word vir die teenstand van misdaad en intimidasie van groepe en organisasies wat van plan is om chaos en geweld te gebruik om hul eise te bevorder. Die bestuur van sulke bedreigings in groot […]
Openbare belang-litigasie: ‘n Hoë-impakinstrument vir verantwoordelike besigheid
In plaas daarvan om oor staatsmislukking en skadelike beleid te kla, is Sakeliga as ‘n uitkomsgerigte entiteit gevestig met ‘n ondubbelsinnige waardevoorstel – impakvolle litigasie om ‘n gesonde sakeomgewing te vestig wat bestuur word deur ‘n onafhanklike en veerkragtige – staatsbestande – besigheidsgemeenskap. Sakeliga is die vooraanstaande voertuig vir besigheidsmense en organisasies om skaalbare oplossings vir staatsmislukking te skep.
Aksie in Oënskou: Sakeliga verbeter beskerming teen grondbesetters
Sakeliga se dringende ingryping het deurslaggewende wetgewing teen grondbesettings gehandhaaf, wat eiendomsbeskerming verbeter het.
Aksie in Oënskou: Sakeliga se geskiedkundige BEE-oorwinning
Sakeliga het die eerste beduidende terugslag vir skadelike BEE-beleide behaal toe ons onwettige BEE- en plaaslike inhoudregulasies in openbare verkryging omgekeer het, wat miljarde se potensiële besparings ontsluit het.
Sakeliga verwerp Sahpra se BEE-voorwaardes vir mediese produkte
Sakeliga verwerp die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) se voorgestelde BEE-voorwaardes vir die vervaardiging, invoer, voorskryf en verhandeling van gesondheidsprodukte en mediese toerusting. Sahpra se plan om BEE ’n voorvereiste in die mediese bedryf te maak is vervat in ’n nuwe konsepbeleid getiteld “Broad-based Black Economic Empowerment Policy for Issuance of Licences”. Die beleid stel dit ten […]
Hof bevind Sakeliga se Ouditeur-Generaal aansoek prysenswaardig, maar wetswysigings noodsaak langer proses
Die Gautengse Hooggeregshof het vandag bevind dat Sakeliga se poging om lig te werp op die wanfunksionaliteit van munisipaliteite prysenswaardig is, maar weens onlangse wetswysigings ‘n langer proses moet volg. Sakeliga gaan dus voort om die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (die “OG”) se gedetailleerde bestuursverslae oor vervallende munisipaliteite te bekom. Ons betreur dit dat die OG […]