Sakeliga seevier wéér in die Grondwethof – drie oorwinnings in 18 maande.

Sakeliga het bewys ons kan suksesvol litigeer. Sakeliga het tussen November 2020 en Februarie 2022 drie uiters belangrike oorwinnings in die Konstitusionele Hof behaal, om van baie ander in die laer howe nie eens te praat nie. Net in die Konstitusionele Hof alleen het ons die volgende sake gewen: November 2020: Sakeliga beskerm eiendomsreg en […]



Sakeliga behaal eerste groot Grondwethof-terugrol van BEE

Ras-gebaseerde voorafdiskwalifikasie van kontrakteurs moet onmiddellik stop Sakeliga het vandag die eerste omvattende terugrol van BEE deur litigasie behaal. Staatsorgane behoort onmiddellik die toepassing van BEE-vooraf-diskwalifikasie van kontrakteurs in tender-prosesse te staak. Versuim om van hierdie en ander gebruike wat op onregmatige verkrygingsergulasies berus af te sien sal enige tender wat ’n staatsentiteit toeken aan […]


Ramptoestand moet beëindig word en nie versluier word nie

Die Suid-Afrikaanse regering poog om magte wat net tydelik tydens die nasionale ramptoestand moes geld, permanent te verskans. Pleks van normaliteit te herstel, is die regering besig om die ramptoestand stilletjies voort te sit, en dit terwyl senior gesondheidsberoepslui Covid-19 toenemend as voortaan soortgelyk aan seisoenale griep beskou.   President Cyril Ramaphosa het in sy Staatsrede […]


Sakeliga kry bevestiging van grondwetlike versuim by Nasionale Rampbestuursentrum

Sakeliga het ’n brief van die Nasionale Rampbestuursentrum (NRBS) ontvang wat bewys dat die huidige Nasionale Ramptoestand op ongrondwetlike wyse gehandhaaf word. Die brief, deur dr Mmaphaka Tau, hoof van die NRBS, bevat uitgebreide erkennings dat die NRBS nie sy oorspronklike klassifikasie op 15 Maart 2020 van Covid-19 as ’n “nasionale ramp” onafhanklik heroorweeg het […]



Sakeliga-hofaansoek vir inperkingsrekords verder vertraag deur misbruik van hofreëls

Sakeliga se versoek vir rekords van besluitneming oor inperkingsregulasies oor die laaste twee jaar word nou verder vertraag deur ‘n misbruik van hofreëls deur die regspan van Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma. Die mees onlangse vertragingstaktiek deur die Minister is ‘n kennisgewing van beswaar kragtens die hofreëls wat nie net onreëlmatig is nie, maar ook hoegenaamd nie […]


Verpligte inentings: ’n Boodskap van ons Uitvoerende hoof, Piet le Roux

Beste Sakeliga-lid Ek het vir verspreiding in die groter sakegemeenskap ’n kort videoboodskap oor verpligte inenting voorberei. Daarin beveel ek aan dat ons, as sakelui, ons onafhanklikheid beskerm, met matigheid optree en verdraagsaam bly vir verskille tussen ondernemings. Kyk dit asseblief by die skakel hieronder, deel en bespreek dit en stuur gerus – soos tevore […]


Sakeliga dring aan op beëindiging van ramptoestand

Sakeliga se regspan het per brief aangedring op die verpligte beëindiging van die “nasionale ramptoestand”.  In die brief dring ons daarop aan dat die hoof van die Nasionale Rampbestuursentrum (NRBS), dr. Mmaphaka Tau, sy klassifikasie van COVID-19 as ’n “nasionale ramp” teen 28 Januarie 2022 heroorweeg en herroep. Die “nasionale ramptoestand” is bykans twee jaar gelede, in Maart 2020, afgekondig […]


Sakeliga staan nuwe poging vir monopolisering van dienslewering teen

Sakeliga het aan sy prokureurs instruksie gegee om aansoek te doen vir toevoeging as amicus curiae (vriend van die hof) in ‘n hofsaak waarin die applikant, SALGA, vra vir ‘n verklarende bevel dat munisipaliteite eksklusiewe reg geniet om elektrisiteit binne hul jurisdiksies te versprei. Sakeliga is gekant teen die proposisie dat munisipaliteite sodanige eksklusiewe regte geniet om sonder uitsondering middelman te wees in die voorsiening en verspreiding van elektrisiteit.  SALGA – ‘n vereniging wat Suid-Afrika se […]