BBP-ineenstorting is mensgemaakte ramp; beëindig die grendelstaat nou – Sakeliga

Die 16%-daling in BBP van die eerste tot die tweede kwartaal van 2020 is ‘n mensgemaakte ramp. Herstel begin met die beëindiging van die grendelstaat, soos wat ‘n verantwoordelike regering onmiddellik behoort te doen. Dit sluit in die oopstel van internasionale lugreise en deur nie die ramptoestand by sy volgende verstrykingsdatum van 15 September te verleng nie.  Die volgende stap op die lang pad na herstel is om die staat en staatsinmenging, wat die Suid-Afrikaanse ekonomie oor baie jare wesenlik verswak het, se omvang en ambisies drasties af te […]


Media-uitnodiging: Sakeliga more in hof teen BEE-vereistes in staatsverkryging 

Die sakegroep Sakeliga sal môre in die Hoogste Hof van Appèl (HHA) teen sekere nuwe swart ekonomiese bemagtigingsvereistes (BEE) in staatsverkryging argumenteer. Die saak het betrekking op die absolute, vooraf en rasgebaseerde uitsluiting van kontrakteurs ten opsigte van verskaffing aan die staat en staatsondernemings soos Eskom. Sakeliga verwelkom en ondersteun die aansoek van die South […]


Kaapse Balieraad | Legal Practice Council-saak

Aanloop: Met die inwerkingtreding van die nuwe Legal Practice Act, 28 van 2014 het die hele landskap van die regsprofessie verander deurdat die destydse prokureursorde van kant gemaak is vir ‘n nuwe “Legal Practice Council”.  Tesame met die wet se promulgasie het daar ‘n verkiesing plaasgevind vir kandidate om deel te vorm van hierdie nuwe liggaam, maar regulasies wat ingevolge […]


Sakeliga skenk geld vir noodleniging en regsaksie teen die staat se kaping van welwillendheid

Die sakegroep Sakeliga en sy lede het vandag ‘n verdere R200 000-skenking aan die welwillendheidsorganisasie Solidariteit Helpende Hand aangekondig. Die geld word geoormerk vir noodleniging en, indien nodig, regsaksie ter voorkoming van die staat se kaping – oftewel nasionalisering – van welwillendheid. Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê die geld is vir privaat welwillendheid en mag nie aan die staat oorgedra word nie: “Danksy ledebydraes kan Sakeliga nog […]


Sakeliga nooi ondernemings om belemmering deur wetstoepassers aan te meld

Die sakegroep Sakeliga berei tans voor op litigasie met die doel om die permitstelsel vir besigheid te verwyder of te versag. Die doel is om die reg op werk en op besigheid te herstel deur, waar die regering of wetstoepassers onregmatig permitte en papierwerk vereis, arres en verwante belemmering te voorkom. Sakeliga nooi ondernemings en […]



Grendelstaat ‘n ramp in wording

Besighede wat hul deure sluit en werkers wat in die toue van die werkloses aansluit is besig om die kenmerke van hierdie grendelstaat te word. Dit is ‘n ekonomiese, maatskaplike en humanitêre ramp in wording. Van die besighede wat aan ‘n onlangse peiling deur Sakeliga deelgeneem het, verwag 19% om binne die volgende maand bankrot […]


Sakeliga loods grondverskuiwende saak oor inperking

Die sakegroep Sakeliga het regsaksie van stapel gestuur wat beloof om die inperking, regoor sy verskillende vlakke, ingrypend te verander. Die saak het te make met die onregmatigheid van permitte en ander regeringslisensiëring van besighede. Sakeliga versoek die Hoë Hof om ‘n wye reeks van lisensiëringsvoorwaardes wat deur die loop van die Ramptoestand in die […]


Inperking: 50% kan binne drie maande bankrot speel – Sakeliga-peiling

Meer as 50% van die 706 deelnemers wat in die eerste gedeelte van Mei aan die sakegroep Sakeliga se jongste Covid-19-ondernemingsimpakpeiling deelgeneem het, se ondernemings gaan binne drie maande bankrot wees as die huidige vorm van die inperking voortgaan. Verder verwag meer as agt uit elke 10 van die respondente reusagtige dalings in hulle onderneming […]


Sakeliga waarsku teen staatsmediasie ná twee pogings

Partye wat hierdie mediasie onderneem loop die risiko van ’n partydige fasiliteerder en die staat se vertraging van die saak, te midde van ononderbroke en wesenlike skade as gevolg van arbitrêre en onregmatige grendelregulasies.