Sakeliga maak regshulppakket vir KMMO’s beskikbaar

Die sakegroep, Sakeliga, het vandag ‘n regshulppakket vir informele, klein en mediumgrootte ondernemings aangekondig, vir die voortsetting van “noodsaaklike” sakebedrywighede. Die hulppakket halveer die koste van regsmenings oor noodsaaklike dienste en voorsien sakelui van ‘n sertifikaat wat al die nodige inligting kan bevat om oop te bly. Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê hulle het reeds senior advokate se advies oor die regulatoriese raamwerk ingewin: […]


Sakeliga skenk R500 000 vir Covid-19-verligting 

Die besigheidsgroep, Sakeliga, het vandag aangekondig dat dit R500 000 beskikbaar maak vir Covid-19-verligting. Aanvanklike toedelings uit die fonds sluit in R100 000 aan die Solidariteit Beweging se krisisfonds vir noodleniging, en R100 000 vir ‘n regshulppakket aan kleinsakelui. “Die beste manier om nou materiële nood te verlig is om gemeenskappe en plaaslike ekonomieë te versterk. Sakeliga bestee reeds die grootste deel van ons […]


Beleidsradarmeningstuk: Covid-19-inperking – hoeveel mense daardeur geraak kan word

In ons vorige beleidsradarmeningstuk het ons gekyk na die ekonomie en die gevolge van produksie-afsluitings en die afbakening van essensiële produkte en -dienste deur beleidmakers. Dit word gedoen in reaksie op die mediese gevare wat die Covid-19-pandemie inhou. Hierdie gevare is natuurlik wesenlik, maar die huidige dwangmaatreëls, op hul beurt, kan ook uiters nadelige sosio-ekonomiese […]


Sakeliga skryf aan President oor KMMO voorsiening van noodsaaklike goedere en dienste 

Die sakeorganisasie Sakeliga het president Cyril Ramaphosa se dringende bystand met die verlening van noodsaaklike goedere en dienste deur klein, mikro en mediumgrootte ondernemings (KMMO’s) versoek. Sakeliga se brief aan die president volg op onbeantwoorde dringende skrywes aan die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DTIC). In briewe aan die DTIC het Sakeliga die dringende herroeping van die DTIC se onwettige en onmoontlike instruksie versoek, wat van alle ondernemings wat noodsaaklike goedere en […]


Hoe om oop te bly tydens die ramptoestand (regsmenings ingesluit)

Heelwat verwarring heers tans onder sakelui oor die hantering van die lewering van noodsaaklike dienste en -produkte. Hierdie skrywe bevat skakels na regsmenings en kan die verwarring help opklaar vir: • ondernemings (bv. eenmansake) wat sukkel om as “noodsaaklike ondernemings” by die CIPC te registreer; • ondernemings wat werknemers en/of eksterne diensverskaffers vir die lewering […]


Beleidsradarmeningstuk: Covid-19-inperkings en die impak op produksie

Covid-19 en die reaksie daarop is een van die grootste gebeurtenisse van die afgelope dekades. Soos in ’n onlangse Sakeliga Webinaar gemeen is, is daar groot druk op beleidmakers om op te tree. Dit is egter nie altyd duidelik wat die korrekte optrede is nie. Verskillende lande volg verskillende benaderings en uitkomstes verskil ooglopend. Die […]


Regering aanvaar verskeie Sakeliga-voorstelle aan inperkingsregulasies 

Sakelui en hul werknemers mag nou van die huis af werk. Dít en verdere verslappings en regstellings is vervat in regulasies wat die regering vanoggend gepubliseer het, soos die afgelope vier dae dringend en in verskeie regsbriewe deur Sakeliga versoek.  Verdere regstellings en verslappings sluit in dat kritieke onderhoud nou ook uitdruklik as noodsaaklike dienste geklassifiseer word. Ook is sakelui en die publiek se reg op skadevergoedingseise teen verkeerde wetstoepassing nou duidelik herstel. “Sakeliga verwelkom die aanvaarding van hierdie wysigings. Ons is steeds in kommunikasie met verskeie staatsdepartemente […]


Sakeliga sal nie rassisme teen KMMO’s duld nie 

Die sakeorganisasie Sakeliga het vandag rasbaseerde kriteria vir Covid-19 finansiële bystand aan klein besighede verwerp. “Ons merk met kommer dat die nuut-gestigte hulpfonds vir klein en medium sakeondernemings van aansoekers vereis om die ras van aandeelhouers en werknemers aan te dui. Die Covid-19 krisis is allesbehalwe die tyd vir die regering om BEE-kriteria toe pas. Dit is tyd vir ‘n buitengewone ophef van oorbodige ideologiese ingrepe sodat die klein- […]


Sakeliga verwelkom gedeeltelike afwysing van BEE-regulasies 

Die sakeorganisasie Sakeliga verwelkom die gedeeltelike afwysing in sommige regeringskringe van BEE-vereistes voordat hulp aan klein en middelslag ondernemings (KMMO) toegestaan word. Die organisasie bly egter besorg dat nie alle staatsdepartemente aan boord is nie. Sakeliga maak daarom vanaand op www.sakeliga.co.za ‘n platform vir sakelui beskikbaar, waar hulle Sakeliga op hoogte kan hou van hul hulpaansoeke en uitkomste. “Ons verwelkom die departement van kleinsakeontwikkeling se openbare afwysing van die gelekte konsep BEE-kriteria vir KMMO-verligting. […]


Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga en Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging oor selfverantwoordelikheid en selfdoen te midde van Covid-19.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging gesels met Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, oor die uitgebreide planne wat die Solidariteit Beweging maak om die impak van Covid19 te versag en hoe dit jou kan help. Die hulplenigingsorganisasie, Helpende Hand, bied bystand waar ouetehuise, skole en dagsorgsentrums geraak word. Die werknemersorganisasie, Solidariteit het […]