Gekoördineerde opposisie sal seëvier teen Wysigingswet op Billike Indiensneming
Sakeliga verwelkom die besluit om die Wysigingswet op Diensbillikheid (EEAA) teen te staan, wat vandag op uitnodiging van Solidariteit deur meer as dertig organisasies onderteken is. Die EEAA sal nie net verslaan word deur ondernemings wat die implementering daarvan organies weerstaan nie, maar belangriker ook deur die gekoördineerde en groeiende opposisie van onafhanklike organisasies in […]
Sakeliga-saak teen Ouditeur-Generaal aangehoor
Sakeliga se hofsaak teen die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (OG) om vir die eerste keer die staatsouditeur se ongeopenbaarde bestuursverslae van 154 probleemmunisipaliteite openbaar te maak, is verlede week aangehoor. Betoë het hoofsaaklik gewentel rondom die vraag of die OG ‘n Grondwetlike plig het om hierdie bestuursverslae openbaar te maak. Die bestuursverslae verskil van die opsommende […]
Sakeliga en Pretoria Sakekamer gaan PEU/TUMS-aangeleentheid in Tshwane ondersoek
Sakeliga en die Pretoria Sakekamer nader die Stad Tshwane oor tot dusver versweë aanspreeklikhede wat voortspruit uit onwettige elektrisiteitsmeterkontrakte met PEU Capital Partners (PEU) en Total Utility Management Services (TUMS). Sakeliga en die Pretoria Sakekamer gaan verdere inligting versoek, insluitend finansiële en ouditinligting, wat ons in staat sal stel om te bepaal tot watter mate […]
Sakeliga verwerp Wysigingswet oor Gelyke Indiensneming – gaan regstappe instel
Sakeliga verwerp die Wysigingswet oor Billike Indiensname en is besig om litigasie daaroor voor te berei. Sakeliga moedig werkgewers aan om waarde-gefokusde indiensneming te handhaaf, ongeag ras, eerder as om aan fundamenteel onkonstitusionele en skadelike wetgewing te voldoen.
Sakeliga verwelkom terugtrek van Eskom-sluierregulasies
Sakeliga verwelkom Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se aankondiging dat die vrystelling vir Eskom van bepalings ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur “vir nou” teruggetrek sal word. Nietemin het Sakeliga reeds begin ondersoek instel na die mate waartoe soortgelyke vrystellings vir ander staatsentiteite oorweeg word. Sakeliga se regspaneel dien tans PAIA-aansoeke in om te […]
Sakeliga eis dat sluierregulasies oor Eskom-verspilling teruggetrek word
Sakeliga se prokureurs rig tans ‘n skrywe aan die Minister van Finansies waarin ons vereis dat die minister redes verskaf vir sy besluit dat Eskom nie onreëlmatige uitgawes asook vrugtelose en verspilde uitgawes in sy finansiële state hoef te verklaar nie. Hierdie omstrede besluit is op 31 Maart 2023 in die staatskoerant gepubliseer. Sakeliga dring […]
Sakeliga neem stappe teen staat se vertragings in munisipale verval-hofsake
Staatsrespondente is besig om kritieke litigasie oor munisipale verval in Noordwes gewetenloos te vertraag. Vertraging aan die kant van die staat en ‘n skynbare gebrek aan prioritisering van sake van konstitusionele belang in die Hooggeregshof Mahikeng, stel gemeenskappe en sakelui aan eskalerende staatsverval bloot. Dit is die stand van sake nadat die Hooggeregshof in Mahikeng […]
Nóg dringende regshulp in Sakeliga se guns in Ditsobotla, maar groot geveg lê nog voor
Die Hooggeregshof in Mahikeng het verlede week verdere dringende regshulp toegestaan in Sakeliga se voortslepende hofaansoek oor die krisis in Lichtenburg en Coligny in die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit. Dit volg op dringende regshulp wat die hof op 14 Oktober 2022 toegestaan het wat van die munisipaliteit vereis het om dringend volledige watertoevoer na die gemeenskappe […]
Sakeliga waarsku oor Ramokgopa ná elektrisiteitmeter-tenderskandaal wat belastingbetalers miljarde kos
Kgosientso Ramokgopa se aktiwiteite behoort met groot omsigtigheid dopgehou te word, in die lig van ‘n reuse tenderskandaal waarby hy betrokke was in sy tyd as burgermeester van die Tshwane-munisipaliteit.
Begroting 2023: Sakeliga verwelkom terugstaan vir privaat energie-uitbreiding nieteenstaande afwesigheid van begrotingshervorming
Die mees merkwaardige aspek van die begroting was die minister van finansies se geïmpliseerde toegewing dat die privaatsektor toekomstige energie-uitbreiding sal hanteer.