Sakeliga en vennote begin regstappe teen nasionale regering oor vervallende Oos-Kaapse munisipaliteit

Sakeliga en ons plaaslike vennote het met regstappe teen die nasionale regering begin oor die voortslepende staatsmislukking wat die Enoch Mgijima-munisipaliteit in die Oos-Kaap se ineenstorting veroorsaak.  Die litigasie beoog om tussentydse verligting vir besighede en inwoners van Queenstown en ander geaffekteerde dorpe te verseker, terwyl blywende regspraak ontwikkel word vir meer uitgebreide toesig en […]


Sakeliga begin proses om Dlamini-Zuma aan minagting van die hof skuldig te laat verklaar

Dr. Nkosazana-Dlamini Zuma, minister van samewerkende regering, bly in minagting van ‘n hofbevel wat gelas dat sy verskeie rekords oor haar 2020-ramptoestandbesluite aan Sakeliga moet voorsien. Sakeliga het daarom nou begin met ‘n proses om die minister aan minagting van die hof skuldig te laat verklaar. Dlamini-Zuma moes kragtens ‘n bevel wat Sakeliga op 9 […]


Dlamini-Zuma minag hof oor ramptoestand-inligting aan Sakeliga

Dr Nkosazana-Dlamini Zuma het die hofbevel, om volledige rekords van haar ramptoestandbesluite aan Sakeliga te oorhandig, geminag. Die Hooggeregshof het op 9 November 2022 gelas dat Dlamini-Zuma teen 22 Desember 2022 aan ‘n inligtingsversoek, wat Sakeliga in Desember 2020 aan haar gestuur het, moet voldoen. In die inligtingsversoek eis Sakeliga alle rekords waarop sy gesteun […]


Sakeliga vat Eskom hof toe oor lasvermindering

Sakeliga, in samewerking met Agri Noord-Wes, TLU SA en geaffekteerde besighede, het vandag ‘n hofaansoek teen Eskom geloods om volgehoue lasvermindering op geteikende toevoerlyne stop te sit. Eskom staak nou al vir meer as ‘n jaar lank gereeld en vir ure aaneen direkte gebruikers op bepaalde toevoerlyne se kragtoevoer in ‘n oënskynlike poging om onwettige gebruik stop […]


Tronkstraf naby vir munisipale bestuurder oor nie-voldoening aan Sakeliga-hofbevel

Die voormalige munisipale bestuurder van die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo sal volgende week moet tronk toe gaan, tensy die munisipaliteit vandag rekords waarvoor reeds in Mei 2021 aansoek gedoen is, aan Sakeliga oorhandig. Hendrick Ngoepe, voormalige munisipale bestuurder, asook die munisipaliteit self en sy huidige munisipale bestuurder is verlede week in ‘n aansoek deur […]


Sakeliga kry bevel teen Dlamini-Zuma oor openbaarmaking van inperkingsrekords

Besluitnemingsrekords oor Covid-inperkings sal vir eerste keer openbaar gemaak word Vir die eerste keer sedert die verklaring van ‘n nasionale ramptoestand oor Covid-19 in Maart 2020, sal die sluier van geheimsinnigheid oor die regering se besluitnemingsprosesse oor Covid-rampbestuurregulasies, gelig word. Weens ‘n hofoorwinning wat Sakeliga vandeesmaand teen Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana […]



Sakeliga KragDag bring bekende Gauteng “kragstasie” Kaap toe

KragDag, die bekende doen-jou-eie-ding selfstandigheidsekspo, sal saam met Sakeliga as hoofborg, vir twee dae ‘n “kragstasie” in die Wes-Kaap, net buite Malmesbury oprig wanneer dié ekspo vir die eerste keer op 17 en 18 Februarie 2023 op die bekende Môreson Plaas aangebied word. HP Steyn, besturende direkteur van KragDag verduidelik: “Ons tema vir 2023 is […]