Sakeliga herhaal: staatsentiteite kan onmiddellik kies om BEE- en plaaslike inhoudvereistes in verkryging te staak

Sakeliga herhaal die standpunt in ons verklaring en spesiale verslag wat verlede week uitgereik is dat staatsentiteite onmiddellik BEE- en plaaslike inhoudsvereistes in verkryging kan staak. Die Wetsontwerp oor Openbare Verkryging kan dit nie verander nie en in die mate waartoe dit so voorgee sal Sakeliga dit grondwetlik aanveg.   Nóg foutiewe “opklaring” deur sommige nasionale […]



STAATSENTITEITE KAN ONMIDDELLIK VERPLIGTE BEE BY VERKRYGING STAAK

Nasionale Tesourie oorweldig deur meer as 700 aansoeke om vrystelling van  voorkeurverkryging ná Sakeliga se Konstitusionele hof-oorwinning Sakeliga kan vandag aankondig dat BEE en plaaslike inhoudvereistes (‘local content’) in staatsverkrygingsregulasies, weens ons vyf jaar lange hofstryd teen die Minister van Finansies, uiteindelik geskrap is. Nuwe regulasies wat verlede week deur die Minister van Finansies uitgevaardig […]



‘n Boodskap aan lede: Ons hoef nie die staat se skadelike ideologie te aanvaar nie

Twee weke gelede onthul ‘n uitgelekte interne memo van Dis-Chem se uitvoerende hoof die gevaarlike mate waartoe besighede die staat se rasgebaseerde ideologie kan internaliseer. Dit is ‘n pad na ondergang, en daarom werk Sakeliga met u ondersteuning vir ‘n ander sake-etos. Wat begin het as “aanmoedig” en “vrywillig” in die Wet op Gelyke Indiensneming […]


[Luister] Krisis in Lichtenburg, Coligny – Sakeliga kry gunstige uitspraak in hof

Tian Alberts (Sakeliga regsbeampte) gesels met RSG Monitor oor Sakeliga se onlangse uitspraak oor die Ditsobotla-munisipaliteit waar dienslewering en watervoorsiening inmekaargestort het. Bron: RSG Monitor Sakeliga het die hof genader om die administrateur te verplig om nou watervoorsiening in die munisipaliteit te herstel. Die uitspraak in die hooggeregshof in Mahikeng is ’n onderdeel (Deel A) […]


[Luister] Strenger regulering van tabak en e-sigarette – ʼn breër siening

Tabak en e-sigarette is omstrede produkte. Die gesondheidsowerhede in Suid-Afrika beoog wetgewing om sulke produkte nog strenger te reguleer. Gerhard van Onselen (Sakeliga) gesels met James Kemp oor die besluite om sodanige produkte strenger te reguleer. Van Onselen sê dat sulke regulasies sal uitloop op verskeie ongewenste faktore soos ‘n hewige sentralisering van beheer oor […]


Dringende regshulp toegestaan in Sakeliga-saak in Ditsobotla

Die Hooggeregshof in Mahikeng het gister dringende regshulp toegestaan in Sakeliga se hofaansoek oor die krisis in Lichtenburg en Coligny in die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit. Die uitspraak vorm ‘n onderdeel van ‘n hofsaak waarmee Sakeliga en andere, gemeenskappe se rol by die herstel van watervoorsiening ordelik wil versterk en ingryping deur die nasionale regering wil […]


Sakeliga vra dringende hofbevel om waterdienste te herstel en nasionale regering te dwing om by Lichtenburg in te gryp

In ‘n verreikende dringende hofaansoek vra Sakeliga nou ‘n hofbevel wat die nasionale regering dwing om direk by die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit (Lichtenburg en Coligny) in te gryp en wat gemeenskapsinstansies magtig om self noodingrepe te doen. Die stukke vir die hofaansoek versoek magtiging vir gemeenskapsinstellings om op ‘n tussentydse basis by die lewering van […]