Nuus > In die media > Die president se plan kort ‘n plan

Buitengewone maatreëls is nodig om die diepliggende probleme in die Suid-Afrikaanse ekonomie te verlig – hierin was President Ramaphosa heeltemal korrek. Dit is egter juis daardie einste maatreëls wat uit sy Staatsrede ontbreek het.

Begryplik is dit vir die hoof van ʼn politieke party moeilik om die aandeel van sy eie party se beleide in die probleme wat hy in sy staatsrede lys, te erken. Dit was nie genoeg om mooi doelwitte wat reeds gehoor is te herfraseer, inspirerende aanhalings te gee, of te spekuleer oor ʼn vergesogte en onbekostigbare nuwe stad nie. Ook was die entrepreneuriese rol wat die President nou vir die staat voorsien geensins bemoedigend nie, veral nie in die einste toespraak wat onlangse korrupsie en selfverryking in daardie selfde staat betreur het nie.

President Ramaphosa behoort, na meer as ʼn jaar in sy termyn, leierskap as staatshoof te demonstreer: om herroeping, hersiening, of opskorting van mislukte staatsprogramme en wetgewing aan te kondig. Hierdie sluit minimum lone, swart ekonomiese bemagting, regeringsmonopolieë in die opwek van elektrisiteit, en nog talle ander in. Boonop is dit, in ʼn tyd van kwaai fiskale druk, belangriker as ooit vantevore om aan te kondig hoe geld gespaar sal word, voordat nuwe inisiatiewe en verdere reddingsboeie – wat etlike miljarde beloop – toegeken word.

Ons verwelkom dat die president die konstitusionele mandaat en onafhanklikheid van die Reserwebank bevestig het. Hoewel sy terughoudendheid oor die voorgestelde wysiging van die Grondwet, om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, geen verdere onsekerheid tot die mark voeg nie, verteenwoordig dit ook ʼn verspilde geleentheid om sakevertroue te skep.

Ons verwelkom dat die President by tye inklusiewe geluide in sy toespraak gemaak het. Op die keper beskou ontbreek daar egter steeds een ding aan die President se plan: die plan self.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF