Nuus > In diepte > Die waarde van groter selfstandigheid

Van 8 tot 10 Augustus vanjaar sal na verwagting meer as 15 000 mense aan Sakeliga Kragdag 2019 deelneem. Dié selfstandigheidsekspo is ‘n wonderlike suksesverhaal, wat na ‘n dekade se groei nou honderde uitstallers het, duisende besoekers van jonk tot oud, en hierdie jaar vir die eerste maal ook ‘n landbou-afdeling. Dit is ‘n hoogtepunt op die kalender in Pretoria en lok reeds besoekers landswyd.

Die groei van hierdie ekspo is nie toevallig nie. In ‘n tyd wat infrastruktuur, onderwys, veiligheid, die regsorde – alles waarvoor ‘n mens gewoond was dat die staat moes sorg – meer en meer verswak en onheimlik word, is staatsafhanklik ‘n groot risiko. Dan word selfstandigheid ‘n strategiese prioriteit..

Maar wat is selfstandigheid? Is dit iets reaksionêrs, of skeppends?

Die een manier om aan selfstandigheid te dink is ‘om op jou eie bene te staan’. Om selfvoorsienend te wees. Om onafhanklik staande te bly wanneer alles om jou omval. Om soos Bart Nel in die klassieke Afrikaanse roman nog steeds Bart Nel te wees, kom wat wil.

Hierdie ferm beskouing is egter slegs deels korrek. Dit is korrek, omdat selfstandigheid wel iets van vasberadenheid en deursettingsvermoë impliseer. Maar dit is nie voldoende nie, omdat selfstandigheid meer as afsondering moet beteken.

Kan jy leef sonder ‘n ekonomie waarbinne jy die vrug van ander se arbeid deel, wat jou laat baai in die momentum van eeue se opgeboude, produktiewe kapitaal? Kan jy goedheid, waarheid en skoonheid nastreef sonder ‘n oorgeërfde kultuur wat jou van Hoër dinge kon leer? En kan jy floreer as mens sonder ‘n maatskaplike konteks van taal, samesyn en samewerking? Die antwoord is nee: die mens is ‘n gemeenskapswese.

So wat bedoel ons dan met selfstandigheid? Watter selfstandigheid moet ons nastreef?

Die antwoord is selfstandigheid-as-skeppende-vermoë, nie selfstandigheid-as-afsondering nie.

Wat 15 000 mense vanjaar tydens die ekspo gaan doen is om ‘n groter vermoë te ontwikkel om sonder toestemming waarde te skep. Wanneer hulle intellektueel, sosiaal en materieel sterker van die ekspo wegstap, dan gaan hulle ‘n groter persoonlike vermoë hê nie net om in moeilike omstandighede staande te bly nie, maar ook om ander staande te hou. ‘n Groter vermoë om waarde te skep nie net vir hulself nie, maar vir almal om hulle. ‘n Groter vermoë om die ligte aan te hou al skakel Eskom en ander staatsfunksies af.

Die lamp wat KragDag aangeskakel het toe dit meer as ‘n dekade gelede vir die eerste keer aangebied is is nie iets wat onder ‘n maatemmer versteek kan word nie. Die lig wat vanaf Sakeliga KragDag 2019 uitgedra word is een wat vir alle KragDag-gangers, sowel as vir alle gemeenskappe rondom daardie ligdraers, waarde kan skep. Lig skerm nie af nie, dit kring uit. Lig vra nie toestemming nie, dit dring deur.

Ware selfstandigheid is die vermoë om sonder toestemming waarde te skep. Mag ons elkeen, en almal om ons, meer selfstandig word.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF