Nuus > In die media > Dít is die ekonomiese uitdagings wat SA nou in die gesig staar

Voortdurende taai handelstoestande, druk op bedryfskoste, verswakkende plaaslike en internasionale groeitendense en swak fundamentele faktore vir investering is enkele van die ekonomiese uitdagings waarvoor sakeondernemings in Suid-Afrika en die breër ekonomie tans te staan kom. Dit is volgens Sakeliga se Economic Overview for Business Decision Makers, ’n kwartaallikse publikasie wat in samewerking met ETM Macro Advisors uitgegee word.

Sakeliga is veral besorg oor die toename in die nasionale begrotingstekort in die eerste kwartaal van 2019. Geannualiseerde staatsbesteding is bykans 32% van die BBP – histories hoë vlakke. Grootskaalse besteding en swak belastinginvordering beteken die Nasionale Tesourie se voorspelde tekorte gaan waarskynlik oorskry word.

Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, sê: “Die sakesektor ondervind beslis ernstige uitdagings. Ons ontleding skets verskeie drywers agter hierdie sorgwekkende toedrag van sake. Ons verwag teleurstellende BBP-syfers in die eerste kwartaal van 2019 – dit is duidelik dat die onlangse reeks kragonderbrekings deur Eskom produksie by talle ondernemings benadeel.”

Toenemende begrotingstekorte, groot staatsbesteding en wanfunksionele staatsbeheerde ondernemings benadeel voorts die vooruitsigte vir beter saketoestande. Groot staatsbesteding en riskante staatsbeheerde ondernemings vergroot die risiko van verhoogde belasting in ’n tyd wanneer ernstige vrae gestel kan word oor die wysheid van besteding en investering deur die staat. Ten spyte van hierdie druk lyk die regering onwillig om werklike deregulering en markliberalisering teweeg te bring – gebrek aan duidelikheid oor beleid, met dreigemente van groter regulering en inmenging, is ’n wesenlike remskoen vir die privaat sektor.”

Aan die positiewe kant meld die verslag die moontlikheid van sterker vraag na goud in die toekoms en laer inflasiekoerse as positiewe faktore vir die plaaslike ekonomie. “Laer inflasiekoerse dui op omsigtigheid by die sentrale bank te midde van politieke risiko. Laer inflasiekoerse beteken minder erge druk op huishoudings se lewenskoste.”

Van Onselen merk egter op: “Plaaslike sakeondernemings moet die verswakking van leidende aanwysers in Europa en Asië fyn dop hou. Hierdie streke is belangrike handelsvennote van Suid-Afrika.”

Die volledige verslag is HIER beskikbaar.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF