Nuus > In die media > Drie dinge wat Ramaphosa nou behoort op te skort vir ekonomiese groei

“Die BBP-inkrimping van 3,2% in die eerste kwartaal van 2019 is ‘n regeringsgeskepte ramp. Dit weerspieël rasionele ekonomiese gedrag in die aangesig van irrasionale regeringsbeleid.” So sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van die sakeorganisasie, Sakeliga.

“Wanneer ‘n regering sy tyd bestee om te praat oor onteiening, implementering van rasgebaseerde kontraktering, en ‘n sake-omgewing wat net gelyk is omdat dit vir almal ewe moeilik is om besigheid te doen, dink rasionele mense tweemaal. Hulle dink tweemaal voor belegging, tweemaal voor verbruik, tweemaal voor hulle belasting betaal, en – soos ons onlangs weer gesien het – begin hulle dink aan emigrasie.”

“President Cyril Ramaphosa se nuwe daeraad benodig nou werklik tasbare voordeel vir besighede op grondvlak. Dit is, nie nuwe kommissies, nuwe ministers, of nuwe staatsdepartemente nie, maar die dringende opskorting van skadelike wetgewing, beleide en debatte. Of dit nou is deur sy invloed as leier of sy magte as staatshoof, hier is drie wyses waarop president Ramaphosa onmiddellike verligting vir die Suid-Afrikaanse ekonomie kan bring:

Skort ras-voorvereistes vir kontrakteurs by staatsondernemings op
Begin met Eskom, waar ondernemings wat nie 51% in swart besit is nie vandag dikwels nie eens oorweeg word nie, maar by voorbaat vir tenders gediskwalifiseer word. Eskom weerhou daarmee elektrisiteitsverbruikers in Suid-Afrika van toegang tot die volle omvang van koste-effektiewe kundigheid beskikbaar op die mark en – dit moet gesê word – stuur ‘n sein aan wit mense dat hulle bydraes nie verwelkom word nie.

Stel onteieningspraatjies uit
Adviseer die Parlement om verdere oorweging van die voorgestelde grondwetwysiging oor Onteiening sonder Vergoeding uit te stel. Die voorgestelde wysiging skep ontsaglike onsekerheid by beleggers plaaslik én internasionaal.

Skrap ou regulasies, eerder as om nuwes by te las
Begin een-vir-een met die skrappings. Byvoorbeeld, herroep die onlangsvoorgestelde drempels vir korttermynverhurings (die sogenaamde Airbnb-wetsontwerp) en gee die betrokke minister opdrag om die toerisme-industrie vir almal ewe maklik te maak, insluitend gevestigde rolspelers. In plaas van om ‘n gelyke speelveld vir besigheid vir almal ewe moeilik te maak, waarom nie liewer ewe maklik nie?

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF