Nuus > In die media > Ekonomiese nuus: Onteieningskomitee en swak buitelandse groei belemmer sakesentiment – Sakeliga-verslag

Verskeie aanwysers dui op voortdurende swakheid in saketoestande in Suid-Afrika tot November 2018 as gevolg van toenemende reguleringsonsekerheid oor eiendomsregte, hoë belastings, ’n afname in investering en swakker groei in Europa en China. Dit word uiteengesit in die November 2018-uitgawe van die ETM-Sakeliga Kwartaallikse Ekonomiese Verslag, wat die kollig laat val op tersaaklike makro-ekonomiese en beleidstendense wat bedryfstoestande van Suid-Afrikaanse sakeondernemings beïnvloed.

Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bestempel handelstoestande tot in November as uitdagend en merk op: “Die herstel wat in September 2017 begin het, het in 2018 verswak. Verskeie aanwysers toon dat toestande vir indiensneming waarskynlik op hul swakste vlakke sedert die resessie van 2009 is.

“Die staat se lukrake oorweging van onteiening sonder vergoeding – ‘n toenemende bron van kommer, veral gesien die bedenklike optrede van die gesamentlike grondwethersieningskomitee – is na ons mening ’n ernstige struikelblok vir sake-investering en inkomste. Afnemende ekonomiese bedrywigheid in Europa en China het ook ’n remmende uitwerking op die Suid-Afrikaanse ekonomie. Daarby beteken die regering se verswakkende finansies ongelukkig dat verhogings in brandstofpryse en inkomstebelastingkoerse waarskynlik in April aangekondig gaan word,” sê Van Onselen.

Die verslag merk op dat die algemene inflasierisiko nie genoeg is om koersverhogings deur die SARB in die volgende ses maande mee te bring nie. Die verslag bespreek ook ekonomiese risiko’s in China en Europa en bevat bondige insigte vir invoerders en uitvoerders.

Die jongste verslag bevat ’n ekonomie- en sakepaneelbord van een bladsy, wat ’n opsomming van die plaaslike bedryfsomgewing en breë oorwegings vir korporatiewe strategie bied. Een bladsy elk word ook aan belangrike Suid-Afrikaanse en globale ekonomiese insigte gewy. Grafieke is ingesluit om die ontleding te visualiseer.

Die volledige verslag is by die volgende skakel verkrygbaar.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN