Kaapse Balieraad | Legal Practice Council-saak

sake

Aanloop: Met die inwerkingtreding van die nuwe Legal Practice Act, 28 van 2014 het die hele landskap van die regsprofessie verander deurdat die destydse prokureursorde van kant gemaak is vir ‘n nuwe “Legal Practice Council”.  Tesame met die wet se promulgasie het daar ‘n verkiesing plaasgevind vir kandidate om deel te vorm van hierdie nuwe liggaam, maar regulasies wat ingevolge die wet uitgevaardig is vereis dat daar sekere rasse-kwotas van toepassing is by die uiteindelike plasing van kandidate om op die raad te dien.  Die Kaapse Balieraad het ‘n aansoek gebring teen die raad in Kaapstad omrede een van hul kandidate weens die kwota op vroue (desondaks haar meerderheid stemme) nie tot die raad verkies is nie.  Hulle wil die besluit dus laat hersien en die huidige kandidaat van sy amp laat onthef.

Doel: Sakeliga se betrokkenheid as amicus curiae in hierdie saak is nie om te argumenteer hoe die kwotas i.t.v. die regulasies korrek toegepas moet word nie, maar om die totale belaglikheid van die kwota-stelsel in sy geheel aan te val.  Dit kan nie wees dat binne ‘n sogenaamde “grondwetlike bestel” waar diskriminasie in die algemeen en rassediskriminasie in besonder op skrif taboe is, maar in praktyk word dit toegelaat en geregverdig deur wetgewing en regulasies nie.  Die regspan het baie tyd bestee aan navorsing om geldige argumente te opper teen die kwota-stelsel en tref ook belangrike historiese vergelykings tussen hedendaagse praktyke oor ras en dit wat in die vorige bestel geskied het.  Sterk kapsie word ook gemaak oor die maatstaf van rasse-bepaling, wie daaroor bestluit en hoe dit toegepas word.  Die staat moet in sy eie strik gevang word deur te erken daar is óf geen objektiewe maatstaf vir ras nie, óf dat die staat arbitrêr besluite rondom kwessies van ras maak.

Status: Saak afgehandel, uitspraak gelewer op 10 Junie 2020. 

Verloop:

20 Januarie 2020: Sakeliga se respan het na drie dae se hofargument in die Hooggeregshof (Kaapstad) teruggekeer.  Daar was baie partye wat hulle redes aangevoer het vir en teen die gebruik van ‘n rasgebasseerde kwotastelsel om die samestelling van die Regspraktykraad te bepaal in die regsprofessie.  Sakeliga het uitgewys hoeko sodanige praktyk nie in Suid-Afrika toegelaat moet word nie, (onder andere) omrede ‘n objektiewe maatstaf vir die bepaling van ras in Suid-Afrika nie bestaan nie. 

10 Junie 2020: Uitspraak is gelewer deur die Hooggeregshof in Kaapstad. 

Uitspraak: Regters Madindla-Boqwana en Papier lewer uitsrpaak teen Sakeliga en die applikante op 10 Junie 2020.  Geen appèl word oorweeg nie. 

Argiewe