Nuus > In die media > Eskom skik in aanloop tot AfriSake-interdik

In ‘n oorwinning vir AfriSake en betalende elektrisiteitsgebruikers in Musina het Eskom gister net-net ‘n dringende hofbevel vermy met ‘n onderneming om die dorp se krag aan te hou.

Die dringende aansoek deur AfriSake en lede en inwoners van Musina, wat later vandag aangehoor sou word, kom ná kennisgewing deur Eskom op 29 Junie dat hulle op 6 Julie weens uitstaande munisipale skuld elektrisiteit na die dorp sou onderbreek. Dit was slegs nadat hofstukke vir die interdikaansoek gister op Eskom beteken is dat hulle die vereiste onderneming om nie krag te onderbreek nie verskaf het.

Omdat die interdik vermy was deur wat voorkom as ‘n tydelike skikking oor die uitstaande skuld, tussen Eskom en die Musina Plaaslike Munisipaliteit, bly AfriSake besorg dat die probleem weer sy verskyning sal maak.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê “plaaslike munisipaliteite landswyd is in groot finansiële moeilikheid en daar is geen rede om te glo dat ‘n tydelike herleiding van fondse enigiets oplos nie. Alhoewel ons tevrede is dat die ligte in Musina wel op Vrydag 6 Julie sal bly brand, is ons besorg dat die skikking Eskom ‘n pad uit sy regsverknorsing gebied het.”

Le Roux sê AfriSake sal waaksaam bly in die beskerming van plaaslike ekonomieë teen verkwistende plaaslike munisipaliteite en Eskom as ‘n staatsonderneming: “Ons sal voortgaan om die situasie in Musina dop te hou en is in kontak met ons lede in ander munisipaliteite waar Eskom ook dreig om elektrisiteitsvoorsiening te onderbreek. Wesenlike regsvrae bly onbeantwoord en ons staan gereed om toe te tree in soortgelyke situasies om die nodige regspresedent te ontwikkel.”

Le Roux sê die kern van die saak is dat die publiek benadeel word deur ‘n opstapeling van staatsonbevoegdheid: “’n Nasionale oplossing word benodig om te keer dat die publiek benadeel word deur wat in wese die ineenstorting van verskillende staatsorgane is. Enersyds het ons betalende elektrisiteitsverbruikers en andersyds het ons staatsorgane wat nie hul sake in orde kan bring nie. AfriSake sal nie onbetrokke staan terwyl staatsonbevoegdheid plaaslike ekonomieë verniel nie.”

AfriSake nooi sy lede en die publiek in ander munisipaliteite uit om die organisasie per e-pos by diens@afrisake.co.zavan soortgelyke situasies in kennis te stel. AfriSake sal dan die besondere geval ondersoek en op grond van regsadvies oor die meriete van die saak oorweeg om toe te tree ten einde Eskom te verhoed om dieselfde in daardie munisipaliteit te doen.

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!