Nuus > In die media > Foute in “Lockdown”-regulasies sal krisis verdubbel – Sakeliga

Besighede wat tuis, aanlyn kan sakedoen moet voortgaan

25 Maart 2020

“Die inperkingsregulasies wat vroeër vanaand uitgevaardig is, wat selfs die voortsetting van sakeaktiwiteite aanlyn en tuis verbied, bots lynreg met stellings deur President Cyril Ramaphosa. Sakeliga ondersteun die President se aankondiging die afgelope Sondag dat ‘besighede wat daartoe in staat is om op ‘n afstand met hul bedrywighede voort te gaan dit behoort te doen’.”

So sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, ‘n onafhanklike sakeorganisasie met ‘n lidmaatskap en netwerk van meer as 15 000 besighede, sakelui en plaaslike sakekamers.

Sakeliga het die Minister van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake vanaand in belang van sakelui, verbruikers en die publiek versoek om onmiddellik ‘n regstelling uit te vaardig om die ooglopende fout in die inperkingsregulasies wat vroeër vanaand gepubliseer is, reg te stel.

Artikel 11B(1)(b) van die inperkingsregulasies bepaal: “Alle besighede en ander entiteite sal hul sakeaktiwiteite tydens die inperking staak, afgesien van enige besighede of entiteite wat betrokke is […] by noodsaaklike goedere en dienste.” Gelees saam met sub-regulasie 11G sou dit ‘n strafregtelike oortreding wees vir enige persoon wat sakeaktiwiteite tuis voortsit, selfs al word daar in alle ander aspekte aan die uitgevaardigde regulasies ingevolge die Rampbestuurwet voldoen.

“Die verbod is ‘n ooglopende fout, strydig met wat ondubbelsinnig en duidelik deur die President aangekondig is. Dit is egter geweldig kommerwekkend dat sulke foute gepubliseer word in ‘n tyd waar duidelike kommunikasie van kritieke belang is. Alles moontlik moet gedoen word om te voorkom dat die ekonomie tot stilstand kom. ‘n Ekonomiese ineenstorting bo-op ‘n mediese krisis sal ‘n dubbele ramp met eksponensiële skade wees,” sê Le Roux.

“Ons vertrou dat die foutiewe regulasie ‘n bona fide fout was en dat die Minister ‘n dringende regstelling sal publiseer. Die regulasie dra tans by tot openbare verwarring en ekonomiese skade op ‘n tyd wat enige vermorsing van hulpbronne doodeenvoudig onbekostigbaar is,” sluit Le Roux af.

Ander inperkingsregulasies
Sakeliga se span van navorsers en regsadviseurs is tans besig om die regulasies, wat ook ander problematiese bepalings bevat, na te gaan en sal môre verdere inligting en kommunikasie in daardie verband uitreik.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF