Nuus > In die media > Hofoorwinning: Sakeliga bekom interdik teen Eskom oor kragonderbrekings

Die sakeorganisasie Sakeliga het vandag ’n interdik teen Eskom bekom wat die kragreus verbied om Musina se elektrisiteitvoorsiening weens die wanbetaling van die dorp se plaaslike munisipaliteit te onderbreek. Die dringende aansoek is vanoggend deur regter Khumalo in die hooggeregshof in Pretoria in Sakeliga se guns beslis en sal geldig bly tot Sakeliga se hersieningsaansoek voor die hof dien. Dit sal dan uiteindelik die regsbeginsels vestig vir die hantering van toekomstige kragonderbrekings wat in soortgelyke gevalle deur Eskom beoog word.

“Wat ’n hersieningsaansoek só belangrik maak is dat dit uiteindelik ’n nasionale oplossing kan bied vir gemeenskappe wat weens wanbetalende munisipaliteite benadeel word. Daar is tans meer as dertig dorpe wat op Eskom se webtuiste gelys word wat nes Musina kragonderbrekings in die gesig staar,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. “Ons kan egter nie toelaat dat betalende elektrisiteitsverbruikers se krag afgesny word net omdat een arm van die staat, ’n plaaslike munisipaliteit, nie sy rekeninge aan ’n ander arm van die staat, Eskom, betaal nie. Sakeliga se hersieningsaansoek gaan dié toetssaak wees wat uiteindelik ook op nasionale vlak in belang van plaaslike gemeenskappe en plaaslike ekonomieë toegepas kan word.”

Sakeliga het intussen ’n ondersteuningsblad op sy webtuiste beskikbaar gestel waar gemeenskapslede van dorpe wat deur soortgelyke probleme geteister word, die komende hofsaak teen Eskom oor kragonderbrekings kan steun.

Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het onlangs by die parlement verslag gelewer dat munisipale skuld aan Eskom vanjaar in ses maande van R13,6 miljard tot R17 miljard toegeneem het.

Dit is reeds die vierde keer vanjaar dat Sakeliga en Eskom in regsaksie teen mekaar betrokke is.

  • In Mei vanjaar het Sakeliga gehelp om te keer dat Eskom elektrisiteitvoorsiening aan die Kgetlengrivier-munisipaliteit onderbreek.
  • In Julie vanjaar het Eskom, in die aanloop tot ’n dringende interdikaansoek deur Sakeliga, ’n betalingsooreenkoms met die Musina Plaaslike Munisipaliteit aangegaan.
  • In Augustus het Sakeliga, as amicus curiae in die geding tussen Resilient Properties e.a. v Eskom e.a., unieke regsbydraes gelewer oor die beginsels wat behoort te geld vir Eskom wanneer hy skuld van plaaslike munisipaliteite probeer invorder.

’n Hofdatum vir Sakeliga se hersieningsaansoek moet nog bekom word.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN