Neem Verantwoordelikheid Vir Ons Sakeomgewing

Neem Verantwoordelikheid Vir Ons Sakeomgewing

Om die skade van staatsverval op ons gemeenskappe op te los begin deur ’n sterk, doelgemaakte, staatsbestande voertuig op te rig. ’n Voertuig wat skaalbare oplossings vir staatsverval en wanorde ontwikkel. ’n Voertuig met die vermoë om omvattende hofsake van stapel te stuur en konkrete oplossings tot gedeelde probleme te koördineer.

Dié voertuig is Sakeliga.

>10,000x opbrengs op litigasie

Etlike miljarde se ekonomiese impak

Sakekamernetwerk wat ±30k besighede ondersteun

Maak 'n kragtige en blywende ekonomiese impak.

Impak Deur Skaal

Staatsverval is byna altyd verval op skaal. Vir verval op skaal het jy oplossings nodig wat skaleer. Ons goed gestruktureerde, strategiese litigasie bereik beduidende skaal deur die gewig en regsbereik van ons hofbevele en presedente. 

Ons ondersteun ook ‘n groeiende voetspoor van sakekamers regoor die land en belê in alternatiewe vir mislukte staatsbestuurstrukture deur geteikende inisiatiewe en koördinering met plaaslike en internasionale strategiese vennote.

ENERGIE

80k Besighede Beskerm
Voorkom van meer as R30 miljard se verliese weens onwettige kragonderbrekings

Beskerm Besighede en Verseker Betroubare Kragtoevoer

Te midde van Suid-Afrika se munisipale skuldkrisis en die verlammende impak van Eskom se kragonderbrekings op besighede, het Sakeliga met sy 4-fase energielitigasiestrategie as ʼn deurslaggewende rolspeler na vore getree. Gerig op die bemagtiging van besighede en energiesekerheid, het Sakeliga se strategiese benadering aandag in die howe getrek en tasbare resultate gelewer.

BEE

Eerste betekenisvolle terugrol van BEE-regulasies
Ontsluit van miljarde se potensiële verkrygingsbesparings

Beskerm Besighede Teen Buitensporige Staatsinmenging

Sakeliga beoog ʼn Suid-Afrikaanse ekonomie vry van BEE en rasgebaseerde kwotas, waar besighede floreer op grond van waardeskepping en mededingendheid. Deur strategiese litigasie het Sakeliga reeds ’n beduidende terugrol van BEE in ʼn belangrike hofsaak behaal en verdere oorwinnings in die hof sal help om ʼn gunstige sakeomgewing te skep wat alle besighede bevoordeel.

SEKURITEIT

Bewaar ±500k private vuurwapens
Onregmatige konfiskering deur SAPD gestaak – bevorder private sekuriteit

Veg vir Veilige Eiendom en Handelsvryheid

Sakeliga se litigasiestrategie vir handel en eiendom help besighede om te floreer deur weerstand te bied teen staatsinmenging in die ekonomie, eiendom te beskerm en handelsvryheid te handhaaf. 

Sakekamer-ondersteuningsnetwerk

Ons ondersteun alternatiewe bestuurstrukture en skaalbare plaaslike oplossings deur ‘n groeiende netwerk van meer as 25 sakekamers wat 30 000+ besighede en werkgewers landwyd verteenwoordig.

Maak 'n kragtige en blywende ekonomiese impak.