Arbeidsregsadvies

Arbeidsregsadvies

Arbeidsregsadvies

Vir Sakeliga-lede is goeie en billike arbeidsverhoudinge ’n beginselsaak. Goeie arbeidsregondersteuning is van kardinale belang om goeie arbeidsverhoudinge met personeel te handhaaf én toe te sien dat die onderneming die diens en produktiwiteit kry wat nodig is om ’n besigheid te bedryf. Gelukkige en produktiewe werknemers help om besighede te laat groei en dra uiteindelik by tot ekonomiese groei in die algemeen.

Sakeliga het namens sy lede ’n samewerkingsooreenkoms met die LWO Werkgewersorganisasie gesluit. As deel van die ooreenkoms ontvang Sakeliga-lede die volgende voordele by die LWO:

  • ’n Gratis eerste telefoniese arbeidsregkonsultasie
  • Afslag van 25% op die LWO se eenmalige aansluitingsfooi.
  • ’n Maatskappybesoek met opleiding oor wat van jou as werkgewer verwag word, arbeidsregdokumentasie en hulp om die dokumentasie te implementeer
  • Uitnodigings na gratis arbeidsregwerkwinkels
  • Geen wagtydperk vir Sakeliga-lede wat by die LWO aansluit nie.

Die LWO is by die Departement van Arbeid as werkgewersorganisasie geregistreer met die hoofdoel om werkgewers by te staan om aan arbeidswetgewing te voldoen. Enige werkgewer, ongeag die grootte van die onderneming, bedryf of aantal personeel in diens, kan lid word van die LWO. Arbeidsreg hoef nie ’n kopseer te wees nie – die LWO maak dit maklik en eenvoudig én gebruik dit om jou besigheid te beskerm.

Besoek die LWO se webtuiste by www.lwo.co.za.

Arbeidsregsadvies

  • Voltooi die vorm indien jy (merk die keuse):
  • Persoonlike inligting

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Ek wil Sakeliga-voordele by die LWO geniet, maar is nog nie lid van Sakeliga nie! Klik hier!

WORD DEEL

VAN DIE GESPREK

facebookyoutubetwitter

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN