Nuus > In die media > Maatskappywysigingswet: Staat wil sy antimark-agenda dieper in sakesektor inforseer – Sakeliga

Skadelike tendens van rasbehepte benadering en inmenging word voortgesit  

“Die Staat gaan voort om die sakesektor in te dring met sy antimark-agenda – en dit voorspel niks goeds vir die ekonomiese welsyn van mense in Suid-Afrika nie,” volgens Daniel du Plessis, Regsontleder by Sakeliga. Sakeliga het verlede week kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op Maatskappye by die Departement van Handel en Nywerheid (DHN) ingedien. Die sakeorganisasie kritiseer die wysigingswetsontwerp op grond van ’n gebrek aan regsekerheid en verskerping van oormatige staatsinmenging in sakeondernemings.

“Daar is ’n duidelike tendens van meer rasgebaseerde beleide in die Wysigingswetsontwerp op Maatskappye, soos ook in die onlangse Wysigingswetsontwerp op Diensbillikheid en die Wysigingswetsontwerp op Mededinging. Dit kom daarop neer dat die regering sakelui se eie goeie oordeel veto – tot nadeel van verbruikers oor die algemeen, maar meer spesifiek arm verbruikers. Boonop, deur vir onbehoorlike en oormatige ministeriële diskresie voorsiening te maak, doen die wysigingswetsontwerp baie om regsekerheid en die oppergesag van die reg in die algemeen te ondermyn. Hoewel dit nie heeltemal duidelik is hoe die wysigingswetsontwerp se voorgestelde uitbreiding van ministeriële diskresie in die praktyk toegepas sal word nie, is ons besorgd dat dit gebruik sal word om verdere ekonomiese ondoeltreffendheid en antimark-ideologieë in die sakesektor in te dwing,” sê Du Plessis.

Du Plessis wys op verskeie regsonsekerhede wat deur die wysigingswetsontwerp geskep word, grotendeels as gevolg van ’n aantal bepalings waaraan daar nog deur middel van regulasies meer inhoud gegee moet word.

“Dit word byvoorbeeld aan die Minister oorgelaat om te bepaal hoe BBSEB-aangeleenthede na die Maatskappyetribunaal verwys sal word en, klaarblyklik, moontlik ook in watter omstandighede.” Die Maatskappyetribunaal, wat kragtens die Maatskappywet van 2008 ingestel is, was tot dusver veronderstel om vinnige beregting van geskille ingevolge die Wet te bied. “Op die oomblik is die spesifieke aangeleenthede en gronde vir verwysing vaag en swak omskryf. Dit hou ’n ernstige bedreiging in van ondermyning van die regs- en beleidsekerheid wat sakeondernemings nodig het om sukses te behaal en tot openbare welsyn by te dra,” sê Du Plessis.

Die Minister behou ook die bevoegdheid om eensydige bepalings te maak oor wat die funksies van sosiale- en etiekkomitees moet wees, asook die samestelling en werksaamhede van sulke komitees.

“Maatskappye dien reeds die samelewing, nie net deur waardevolle produkte en dienste vir verbruikers te skep nie, maar ook deur hulle werknemers te bemagtig. Hierdie lofwaardige maatskaplike funksies kan bedreig word deur die Staat se lomp pogings om basiese verstandige ekonomiese en sakebeginsels teen te werk.”

Sakeliga se kommentaar op die wysigingswetsontwerp op die Maatskappywet is beskikbaar by die volgende skakel.

Sluit aan by Sakeliga

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN