Nuus > In die media > Minister Mboweni se toespraak simptomaties van politieke inperkings

Die sakeorganisasie Sakeliga het vandag die lustelose mediumtermynbegrotingstoespraak deur die Minister van Finansies, Tito Mboweni, as teleurstellend bestempel.

“Minister Mboweni het nagelaat om die werklike vrae te beantwoord – al was hy bereid om te erken dat moeilike tye voorlê. In stede daarvan was hy skynbaar so ingeperk gewees deur politieke realiteite dat hy slegs homself kon verbind tot marginale, kosmetiese veranderinge. Op die keper beskou, beteken hierdie dat die ekonomie waarskynlik ‘n gevangene van politiek sal bly.”

“Hoewel pogings om openbare ampsdraers se voordele en salarisse te besnoei bewonderenswaardig is, is die krisis veel groter.”

“Die werklike knelpunte is steeds dus nie aangespreek nie. In die geval van Eskom, byvoorbeeld, kon die Minister niks bied buiten die gewone, ou beloftes van strenger kontrole nie. Uiteindelik kon Minister Mboweni nie veel meer as hierdie kosmetiese hervormings bied nie omdat – of hy nou daarvan hou of nie – Eskom steeds die ekonomie gyselaar hou. In die afwesigheid van ware markkragte is die regruk van Eskom steeds onwaarskynlik. Of dit nou geskied deur lenings of kapitaal-inspuitings is dit steeds die belastingbetaler wat vir die voorsienbare toekoms sal moet pa staan vir Eskom se krisisse.”

Mens sou dieselfde kon sê oor die staatsdiens – en sy groeiende salarisrekening. Geen nuwe substantiewe omkeerstrategieë is voorgestel nie. Die Minister kon bloot net belowe om die aangeleentheid met die toepaslike vakbonde te bespreek. Gegewe die ANC se rekord in hierdie tipe onderhandelinge, is dit nie besonder bemoedigend nie.

Dit is ironies dat Minister Mboweni net een ding met absolute sekerheid kon sê: Die vlakke van staatskuld gaan waarskynlik verder styg – selfs met die regering se, ietwat optimistiese, groeiverwagtinge in ag geneem. Gegewe dat fiskale stres geen tekens van enige afname toon nie, is dit waarskynlik dat Tesourie se beweegruimte in die toekoms selfs nog meer ingeperk sal word.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF