Nuus > In die media > ’n Oorsig van AfriSake se beraad oor onteiening sonder vergoeding

AfriSake het op Dinsdag, 6 Maart 2018 ’n beraad byeengeroep waar die voorste NRO’s en politieke partye die gevolge van die mosie bespreek het wat op 27 Februarie 2018 deur die Nasionale Vergadering aangeneem is om met onteiening sonder vergoeding (OSV) – as ’n beleidskwessie – voort te gaan.

Tydens dié besprekings het alle deelnemers hul kommer uitgespreek oor die gevolge van OSV vir:

  • die toekomstige lewensvatbaarheid van kommersiële landbou;
  • die toekoms van voedselproduksie;
  • die toekoms van investering en ekonomiese groei;
  • die banke en finansiële instellings aan wie boere altesaam R160 miljard skuld; en
  • die toekoms van rasseverhoudinge ná afloop van die onteiening van eiendom sonder vergoeding op grond van ras.

Van die menings wat gelug is, sluit in:

  • Die inwerkingstelling van OSV kan ’n potensieel noodlottige slag toedien tot die ooreenkoms wat Suid-Afrikaners tussen 1990 en 1996 bereik het.
  • Die Nasionale Vergadering het klaarblyklik die mosie oorweeg op grond van skreiende onakkuraathede oor grond- en eiendomsbesit en die ware aanvraag na landbougrond onder die swart gemeenskap.
  • OSV hou ’n bedreiging in vir die eiendomsreg van alle Suid-Afrikaners – wit en swart – en veral vir die eiendomsreg van die 7,5 miljoen swart Suid-Afrikaners wat hul eiendomme sonder verband besit. Daar is uitgewys dat die waarde van dié eiendomme ten minste vier maal soveel as die totale waarde van al die landbougrond in Suid-Afrika is;
  • Die regering se grondhervormingsbeleid sal nie tot ’n toename in swart eienaarskap van grond lei nie, maar tot ’n situasie waar die staat die rentmeester van al die grond in die land word.
  • Beskermde eiendomsreg is die grondslag van alle suksesvolle ekonomieë en is ook noodsaaklik vir werklike demokrasieë, terwyl die vernietiging van eiendomsregte gelei het tot die katastrofiese inploffing van ekonomieë en gemeenskappe, soos wat onlangs in Zimbabwe en Venezuela gebeur het.
  • Dit is nie nodig om artikel 25 van die Grondwet te wysig nie, want dit maak reeds ruim voorsiening vir regverdige en doeltreffende grondhervorming.
  • Die besluit op OSV openbaar ’n mate van rassevyandigheid, veral gesien in die lig van die ras-aggressiewe ondertoon van die debat wat die aanneming van die mosie in die Nasionale Vergadering voorafgegaan het.

Deelnemers aan die beraad het hul ondersteuning vir behoorlike grondrestitusie en ’n werklike, uitvoerbare benadering tot grondhervorming uitgespreek. Hulle het kennis geneem dat die mosie bepaal dat OSV nie landbou mag ontwrig, voedselsekerheid in gevaar mag stel of ekonomiese groei mag kelder nie. Hulle sien dié bepalings egter as teenstrydig, aangesien landbou, voedselsekerheid en ekonomiese groei onomwonde vereis dat eiendomsreg gerespekteer word.

Die deelnemers het gesê dat hulle beplan om –

  • die oplegging van OSV onomwonde teen te staan;
  • voort te gaan om die situasie te moniteer;
  • voorleggings te maak aan die Grondwetlike Hersieningskomitee na wie die mosie verwys is; en
  • president Ramaphosa se uitnodiging te aanvaar om – op ’n geskikte tyd – hul diep kommer oor kwessies rakende OSV uit te spreek.

 

 

 

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN