Nuus > In die media > ‘n Strategiese ontleding van die volgende vyf jaar – wat kan sakelui van president Ramaphosa verwag?

Die volgende paar weke sal aanduidend wees van wat sakelui van die termyn van president Cyril Ramaphosa kan verwag. So sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, in aanloop tot ‘n eksklusiewe sakeontbyt met die politieke ontleder professor Andre Duvenhage.

“Volgende week word president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet ingehuldig. Maar is sakelui gereed vir die nuwe ministers (en dalk party oues!) en die nuut saamgestelde parlement? Is daar net risiko’s, of ook geleenthede? En waar lê die magsbalans? Dit is alles belangrike vrae waaroor ons professor Duvenhage genooi het,” sê Le Roux.

Die titel van die sakeontbyt met professor Duvenhage op 28 Mei is: “Die volgende vyf jaar: ‘n strategiese politieke ontleding.”

“Wanneer president Ramaphosa volgende week sy nuwe kabinet aankondig, sal sowel die persone wat hy aanstel as die staande beleid van die ANC van groot belang wees. Sakeliga hou die verwikkelinge by die regering se ministeries oor handel, ekonomiese beleid, staatsbeheerde instellings en die tesourie fyn dop. Op kort termyn is Eskom die belangrikste kwessie wat nou bygelê moet word. Die ligte moet aan bly. Die vraag is of pres. Ramaphosa se aanstellings die beoogde hervorming van die elektrisiteitsmark sinvol sal aanpak en in watter mate privaat opwekking toegelaat sal word. Ten diepste moet ’n hele reeks markonvriendelike beleide, belastings en voorstelle wat sake en belegging belemmer, afgeskaal word om die ekonomie op ’n gesonder grondslag te plaas. Moody’s se onlangse waarskuwing behoort ernstig opgeneem te word.”

Met verwysing na pres. Ramaphosa onlangse aankondiging oor die herinstelling van die presidensiële eenheid vir ekonomie- en beleidsnavorsing sê Le Roux:
“Ons neem kennis van die herinstelling van die presidensiële beleidseenheid, met mnr. Busani Ngcaweni aan die stuur. Mnr. Ngcaweni se uitdaging is om sinvolle en meestal polities ongewilde voorstelle oor ekonomiese beleid te maak. Sinvolle voorstelle sal ’n ernstige, eerlike ontleding van die koste en gevolge van huidige beleide, wette en regulasies, soos SEB, vereis. Mnr. Ngcaweni moet veral bepaal wat jare van ingrypende staatsinmenging en burokratiese rompslomp die land gekos het, gemeet aan werkloosheid, armoede en swak ekonomiese vooruitsigte.”

REGISTRASIEBESONDERHEDE
Lede van die publiek:
Registreer by https://www.quicket.co.za/events/74105-die-volgende-vyf-jaar-n-strategiese-politieke-ontleding-met-gasspreker-professo/
Lede van die media
Bywoning is gratis, maar besprekings is noodsaaklik.  Bespreek by diens@sakeliga.co.za

FUNKSIEBESONDERHEDE
Datum:
28 Mei 2019
Plek: Sakeliga, Gerhardstraat 109, Centurion
Program:
08:00 – Registrasie en ontbyt
09:00 – Professor Duvenhage
10:00 – Afsluiting

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF