Nuus > In die media > Nasionale Forum vir Dialoog eensydig, ongeloofwaardig

Die besluit van die Nasionale Forum vir Dialoog (NFD), om belangrike stemme teen onteiening sonder vergoeding uit te sluit, dompel dit in ‘n geloofwaardigheidskrisis. Boonop voorspel die deelname deur president Cyril Ramaphosa, sleutelfigure in die regering, en die grondwetlike hersieningskommissie aan so ‘n eensydige geleentheid niks goeds vir die openbare deelnameproses oor onteiening sonder vergoeding nie. Dit is die standpunt van AfriSake, na die nuus van ‘n geleentheid volgende week wat voorstel om ‘n nasionale dialoog oor grondhervorming daar te stel.

Na berigte vind die NFD, geïnisieer deur onder ander mnr Roelf Meyer, eerskomende Dinsdag en Woensdag in Illovo plaas. President Cyril Ramaphosa lewer na verwagting die openingsrede. Hierbenewens is die grondwetlike hersieningskommissie blykbaar van voorneme om die funksie te benut as ‘n “induksie en oriënteringsgeleentheid” vir hul openbare deelnameproses.

Die konsepprogram, gesien deur AfriSake, verraai egter ‘n opvallende tekort aan rolspelers wat teen onteiening sonder vergoeding gekant is.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê sy organisasie is nie deur die NFD genader nie, ten spyte daarvan dat AfriSake onlangs gasheer was vir ‘n hoëprofiel spitsberaad vir organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding: “Op 6 Maart, binne ‘n week na die mosie oor onteiening sonder vergoeding in die parlement, het AfriSake ‘n hoëprofiel spitsberaad teen onteiening sonder vergoeding gehou. Dit was bygewoon deur meer as ‘n dosyn organisasies, insluitende gerekende organisasies uit die burgerlike samelewing, landbou-organisasies, think tanks en omtrent alle politieke partye wat teen die mosie gestem het. Dit is ondenkbaar dat iets wat vandag hoop om ‘n nasionale dialoog daar te stel ons en feitlik al die organisasies wat aan ons spitsberaad deelgeneem het kan uitsluit.”

Die spitsberaad deur AfriSake was bygewoon deur verteenwoordigers van gerekende organisasies uit die burgerlike samelewing en politieke partye, insluitende AfriForum, AgriSA, die FW de Klerk Stigting, die Helen Suzman Stigting, die Solidariteit Beweging, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede, TLU SA, die Vryemarkstigting, die DA, die VF+ en die ACDP.

“Ons sal die geleentheid monitor, maar die wyse waarop hierdie NFD byeengeroep is maak dit feitlik onmoontlik dat die verloop daarvan ‘n dialoog daarstel. Deur die kritiese stemme van gerekende rolspelers van die geleentheid uit te sluit het die NFD sy geloofwaardigheid prysgegee. En die bywoning deur president Ramaphosa, sleutelfigure in die regering en selfs die grondwetlike hersieningskommissie voorspel niks goeds vir ‘n oop en gebalanseerde openbare deelnameproses oor onteiening sonder vergoeding hierna nie,” sê Le Roux.

Foto: Brenche Loubcer

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF