Inisiatiewe > Hoe kan jy help? > Vakante pos: Navorser en woordvoerder

AfriSake nooi hiermee geskikte kandidate om aansoek te doen vir die pos van navorser en woordvoerder. Die pos is gebaseer in Kloofsig, Centurion.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir  navorsing en woordvoerding ter bevordering van vrye markte, eiendomsreg en staatsonafhanklike sakegemeenskappe.

Die ideale kandidaat se pligte sal insluit die koördinering van interne en eksterne navorsingsaktiwiteite; uitvoer van navorsing; leidende deelname aan interne debatte en beleidsformulering; en die redigering, skryf en opstel van meningstukke, mediaverklarings, verslae en ander amptelike dokumentasie van die organisasie. Kandidate moet ook beskikbaar wees vir die lewering van geslote en openbare voorleggings; en optrede as woordvoerder vir die organisasie.

Vaardighede en eienskappe wat tot die kandidaat se voordeel sal strek sluit in:

  • ‘n deurdagte en verantwoorde verbintenis tot vryemarkbeginsels;
  • ‘n kombinasie van algemene, politieke, ekonomiese, finansiële en regskennis;
  • uitstekende kommunikasie- en taalvermoëns;
  • detailgeoriënteerdheid;
  • strategiese denke;
  • professionaliteit;
  • gevorderde teoretiese en kwantitatiewe ontledingsvermoëns;
  • en gedrewenheid om onafhanklik uitsette te lewer, maar ook goed in ‘n span te kan funksioneer.

Om te kwalifiseer benodig kandidate ʼn toepaslike graad en 2 tot 5 jaar relevante ondervinding.

Indien jy in die profiel pas, stuur asseblief ʼn Afrikaanse weergawe van jou CV na  mhb@afrisake.co.za voor of op 13 April 2018.

Indien jy nie terugvoer ontvang binne 3 weke ná die sluitingsdatum nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.

 

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF