Nuus > In die media > Onteiening sonder vergoeding berus op statistiese fiksie

“Die mosie deur die EFF en ANC vir onteiening sonder vergoeding berus op statistiese fiksie oor grondeienaarskappatrone in Suid-Afrika. Grondeienaarskap in Suid-Afrika is veel breër oor rasgroepe versprei as wat in die mosie beweer word.” Dít is die gevolgtrekking van AfriSake, gebaseer op ’n ontleding deur Agri Development Solutions verskaf.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê die mosie behoort onder sy eie feitefoute in te plof: “Die mosie verskaf drie grondeienaarskapstatistieke om onteiening sonder vergoeding te regverdig. Maar al drie statistieke is foutief, wat die mosie laat berus op statistiese fiksie. Inderwaarheid versprei grondeienaarskap in Suid-Afrika voortdurend en aansienlik oor rasgroepe.”

Onder paragraaf 3 lees die mosie: “The African majority was only confined to 13% of the land in South Africa while whites owned 87% at the end of the apartheid regime in 1994”. Hoewel dit waar is dat grondeienaarskap van swart, bruin en Indiër mense voor 1994 beperk was, veral sedert die Wet op Grond van 1913, is die aangehaalde syfers foutief. Grond in regeringsbesit, grond in die voormalige tuislande, selfregerende state en die grond van ontwikkelingtrusts alleen het in 1994 op 28% van totale bruikbare grond in Suid-Afrika te staan gekom. Verder moet daar altyd in gedagte gehou word dat die insluiting van die halfwoestyn, skaarsbewoonde Noord-Kaap, wat sowat 30% van grondoppervlak in Suid-Afrika beslaan, in nasionaal-versamelde statistiek die prentjie heeltemal verwring. Daar kan nie redelikerwys beweer word dat wit mense teen 1994 87% van grond besit het nie.

Onder paragrawe 4 en 5 lees die mosie: “Only 8% of the land transferred to black people since 1994,” (par. 4), en “black people own less than 2% of rural land, and less than 7% of urban land,” (par. 5). Hierdie syfers is egter ver uit.

Volgens die beste beskikbare statistiek besit swart, bruin en Indiër mense in Suid-Afrika tans sowat 38% van bruikbare grond in Suid-Afrika, en 27% van landbougrond. Meer nog, selfs by monde van die departement van landbouontwikkeling en grondsake, besit swart, bruin en Indiër mense 46% van erfoppervlak in dorpe en stede.

Le Roux sê voorts: “Daar moet gemeld word dat die beduidende uitbreiding in grondeienaarskap in onlangse dekades plaasgevind het ten spyte van die regering se selferkende mislukking in grondrestitusie en -hervorming. Hierteenoor was suksesse met grondhervorming grotendeels die gevolg van welwillendheid tussen mense van verskillende rasgroepe in Suid-Afrika, en gewone vryemarkaankope en -verkope.

“Met hul beleid van onteiening sonder vergoeding dreig die ANC en die EFF nou om die enigste twee bronne van suksesvolle grondhervorming te verwyder – welwillendheid en die vryemark – en laat Suid-Afrika met slegs regeringsgrondhervorming. En om skande by skade te voeg, wys alle aanduidings dat hulle van plan is om die staat die eienaar van grond te maak, wat sal lei tot selfs minder swart, bruin en Indiër eienaars as wat tans bestaan. Enige ondermyning van die eiendomsreg van wit grondeienaars sal ten koste van die eiendomsreg van alle rasgroepe in Suid-Afrika ook kom,” waarsku Le Roux.

Kliek op die skakel om die ontleding deur Agri Development Solutions te leesAfriSake Eksklusief WYSIGING VAN ARTIKEL 25 VAN DIE GRONDWET

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN