“Die Grondwetlikehersieningskomitee se aanbeveling dat die Grondwet gewysig word om onteiening sonder vergoeding toe te laat ondermyn Suid-Afrika se konstitusionele legitimiteit. Die rede is dat konfiskasie, in die sin wat die parlement in gedagte het, ʼn aantasting is van die dieper idee van konstitusionalisme self.” Só sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van die sakeorganisasie Sakeliga, na aanleiding van die aankondiging van die komitee se aanbevelings.
Le Roux sê Sakeliga sal voortgaan om hierdie wysiging van die Grondwet teë te staan, aangesien die voorgestelde wysigings fundamenteel onaanvaarbaar bly.
Vir ʼn opsomming van Sakeliga se argument oor die gevaar van onteiening sonder vergoeding vir konstitusionalisme, internasionale reg en die ekonomie, lees hier.