Nuus > In die media > Onteiening sonder vergoeding ondermyn konstitusionele legitimiteit

 Enige wysiging van die Grondwet van Suid-Afrika, in teks of by wyse van interpretasie, om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak, sal erge afbreuk aan die Grondwet se konstitusionele legitimiteit doen. So sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake.

Die sake-organisasie, AfriSake, het vandag sy kommentaar oor die voorgestelde wysiging van die Grondwet by die Grondwetlike Hersieningskomitee ingedien. In die uitvoerende opsomming sê AfriSake dat dié organisasie die voorgestelde grondwetlike wysiging teenstaan en die volgende aanvoer:

  1. Onteiening sonder vergoeding is ‘n daad van beslaglegging.
  2. ‘n Konstitusionele orde wat beslaglegging van eiendom toelaat, of ‘n grondwet wat in sy teks beslaglegging van eiendom toelaat, hou op om ‘n ware konstitusie te wees omdat dit ‘n breuk met die essensie van konstitusionalisme maak. Dit impliseer dat sowel ‘n wysiging aan die teks van die Grondwet as ‘n gewysigde interpretasie van die Grondwet, wat beslaglegging sou probeer legitimeer, ewe onaanvaarbaar sou wees.
  3. Die weerhouding van vergoeding vir gekonfiskeerde eiendom kom neer op die weerhouding van ‘n remedie, wat neerkom op ‘n verbreking van die Suid-Afrikaanse Grondwet sowel as internasionale reg.
  4. ‘n Wysiging aan die grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, saamgelees met ander intervensies soos Swart Ekonomiese Bemagtiging, die Mynbouhandves en die voorgestelde nasionalisering van die Reserwebank, sou aan beleggers ‘n sein stuur dat Suid-Afrika op ‘n Zimbabwe-trajek is.
  5. Die mosie van die EFF en die ANC vir onteiening sonder vergoeding berus op ‘n statistiese fiksie oor grondeienaarskappatrone in Suid-Afrika, en laat na om erkenning te verleen aan die omvattende en uitbreidende verspreiding van grondeienaarskap oor rasgroepe heen in Suid-Afrika.
  6. AfriSake sal gratis regsaksie instel namens sy eerste lid wat ’n slagoffer word van onteiening sonder vergoeding weens ’n wysiging van die eiendomsklousule in die Grondwet. Alle lede van AfriSake, sowel persone as maatskappye, sal hierdie beskerming geniet.

AfriSake se kommentaar is saamgestel deur Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, met spesiale bydraes deur

  • Prof. Koos Malan, professor in publiekreg, Universiteit van Pretoria;
  • Prof. Hennie Strydom, Suid-Afrikaanse Navorsingsstoel in Internasionale Reg, Universiteit van Johannesburg; en
  • Russell Lamberti, Strateeg, ETM Macro Advisers; sowel as
  • ‘n vroeëre ontleding van feitelike probleme in die parlementêre mosie deur Johann Bornman van AgriDevelopment Solutions.

Vir die volledige dokument soos ingedien by die Grondwetlike Hersieningskomitee, klik hier.

AfriSake se kommentaar volg nadat die organisasie die afgelope maande breedvoerig met sakelui, akademici, praktisyns en ander organisasies gekonsulteer het. AfriSake se aksies in hierdie verband het ingesluit ‘n spitsberaad vir etlike van die mees invloedryke burgerlike organisasies teen onteiening sonder vergoeding, sowel as die meerderheid van politieke partye wat teen die mosie gestem het, op 6 Maart. AfriSake het sedertdien boonop meer as ‘n dosyn inligtingsessies landswyd aangebied.

Oor AfriSake

AfriSake is ‘n onafhanklike sake-organisasie met meer as 12 000 lede landswyd. Dit is die organisasie se oogmerk om – in die belang van sy lede en die gemeenskaplike belang waar ook al sy lede sake doen – ‘n konstitusionele orde, vrye markte, eiendomsreg, voorspoed en ‘n gunstige sake-omgewing te bevorder. Die organisasie is in 2011 gestig.

 

 

 

 

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN