Nuus > In die media > Organisasies beloof dat die stryd oor eiendomsreg nou eers begin

Sakeliga bied dringende spitsberaad teen onteiening sonder vergoeding aan

“Die stryd is hier. Dit het nou maar eers begin en sal eers stop wanneer grondonteiening sonder vergoeding óf afgeweer, óf omgekeer word.” Hierdie was, volgens Piet le Roux, Uitvoerende Hoof van Sakeliga, die sentiment vandag by die sakeorganisasie se dringende spitsberaad vir organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding.

Die spitsberaad is belê een dag nadat die Parlement die Grondwetlike Hersieningskomitee se verslag aangaande artikel 25 van die Grondwet aanvaar het.

Verskeie van die mees prominente organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding het die beraad toegespreek en onderneem om onteiening sonder vergoeding die stryd aan te sê. Verskeie politieke partye en burgerlike organisasies was teenwoordig, insluitend die ACDP; AfriForum; Afrikanerbond; COPE; DA; Dear South Africa; FW de Klerk Stigting; Johannesburgse Prokureursvereniging; Sakeliga; Solidariteit; TLU SA; VF Plus; en Vryemarkstigting. Hierby het ’n aantal ander organisasies as waarnemers bygewoon en aan die algemene bespreking deelgeneem.

“Sekerheid oor eiendomsreg is ’n belangrike kwessie vir alle redelike mense in Suid-Afrika en vandag se bespreking het dit beklemtoon. Organisasies vanuit verskeie sektore het die geleentheid gebruik om te onderneem om onteiening sonder vergoeding teen te staan – en om die stryd vol te hou vir hoe lank dit ook al nodig mag wees.“

‘n Kernuitkoms van die spitsberaad is dat Sakeliga die skryf van ‘n openbare verklaring oor die beskerming en uitbreiding van eiendomsreg – en die teenstaan van onteiening sonder vergoeding – sal koördineer. Die verklaring sal geskoei word op die internasionale reg en internasionaalaanvaarde verklarings aangaande eiendomsreg en sal kan dien as ’n grondslag vir gekoördineerde aksie teen onteiening sonder vergoeding. Die verklaring sal by ’n volgende spitsberaad, beplan vir 2019, voorgelê word. Na die finalisering van sodanige verklaring sal dit plaaslik en internasionaal aan organisasies, belangrike en bekende persone, en lede van die publiek vir hul ondersteuning voorgelê word.

“Die konsensus is duidelik – onteiening sonder vergoeding is nie slegs ’n gevaar vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en daardie fundamentele regte wat alle burgers toekom nie, maar ook vir die legitimiteit van die konstitusionele orde op sigself. Hierdie rampspoedige beleid bedreig die algemene welstand van almal in Suid-Afrika,” voer Le Roux aan.

Le Roux sluit af: “Tydens die spitsberaad was dit duidelik dat organisasies reeds met ’n hele verskeidenheid van aksies teen ’n wysiging van die grondwet en onteiening sonder vergoeding besig is. Hierdie sluit, onder ander, die volgende in: beter koördinasie, regsaksie, internasionale- en plaaslike bedinging, politieke veldtogte, openbare druk, proaktiewe programme soos die bevordering van titelaktes, en meer. Die stryd het nou maar pas begin en daar is ’n diepe beslistheid oor ’n wye spektrum om hoegenaamd nie te berus by ’n grondwetlike wysiging wat die land se konstitusionele orde in gevaar stel nie.”

Deelnemers:

Sakeliga – Piet le Roux

Vryemarkstigting – Martin van Staden

TLU SA – Bennie van Zyl

Solidariteit – Connie Mulder

Johannesburgse Prokureursverenging – Adv. Mark Oppenheimer

FW de Klerk Stigting – Dr Theuns Eloff

V

VF Plus – Pieter Groenewald

Dear South Africa – Rob Hutchinson

DA – Thandeka Mbabama

Cope – Mosiuoa Lekota

Afrikanerbond – Pieter Vorster

AfriForum – Kallie Kriel

ACDP – Steve Swart

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN