Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga en Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging oor selfverantwoordelikheid en selfdoen te midde van Covid-19.

pexels-cottonbro-3923156

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging gesels met Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, oor die uitgebreide planne wat die Solidariteit Beweging maak om die impak van Covid19 te versag en hoe dit jou kan help.

Die hulplenigingsorganisasie, Helpende Hand, bied bystand waar ouetehuise, skole en dagsorgsentrums geraak word. Die werknemersorganisasie, Solidariteit het ‘n inligtingsentrum opgerig waarheen die publiek kan skakel vir bystand en in besonder waar hul lede arbeidsregadvies kan kry. Die burgerregteorganisasie AfriForum se uitgebreide buurtwagnetwerk is gereed om saam met plaaslike polisie en plaaslike gemeenskappe te help met beveiliging en opsporingsaksies.

Die gesprek sal ook draai na die potensiële plaaslike en globale politieke impak van die virus-verspreiding en regerings se hantering daarvan.

Kry die regstreekse uitsending op Sakeliga se Facebook-blad.

Datum:         23 Maart 2020

Tyd:               13:00 – 14:00

Plek:              Facebook

Nog nie ‘n lid van Sakeliga nie? Kliek gerus hier om lid te word.

Archives