Affilieer by Sakeliga

Word deel van ‘n selfstandige sakegemeenskap

By Sakeliga meen ons dat die tyd ryp is vir beter samewerking tussen individuele sakelui, plaaslike sakekamers en ‘n oorkoepelende sake-organisasie.

Daarom het Sakeliga in Julie 2018 ‘n plaaslike sakeliga-projek aangekondig. Vir die eerste keer is dit nou vir plaaslike sakekamers en soortgelyke sake-organisasies moontlik om by Sakeliga te affilieer, sodat ons saam die sterkste sakegemeenskap kan word wat die land nog gesien het. Terselfdertyd word dit vir Sakeliga se meer as 12 000 lede landswyd moontlik om ook op plaaslike vlak betrokke te raak.

Voordele van affiliasie:

1. Beter bevordering van plaaslike sakebelange

  • Fasiliteer samewerking tussen verskillende plaaslike sakegemeenskappe oor soortgelyke behoeftes. Byvoorbeeld: om regskoste te bespaar wanneer Eskom dreig om ‘n dorp se krag weens munisipale skuld af te skakel.
  • Ontwikkel sentrale ondersteuningstelsels vir maklike sakekamerbestuur. Byvoorbeeld: administrasie, ledebestuur en outomatiese invordering van ledegelde.
  • Benut die voordele van die Sakeliga-handelsmerk om deelname en lidmaatskap in jou gemeenskap aan te moedig.

2. Beter bevordering van oorkoepelende sakebelange

  • Skep groter bedingingsmag vanweë die omvang van groter Sakeliga-gemeenskap. Byvoorbeeld om sterker te staan teen staatsinmenging soos onteiening sonder vergoeding
  • Vergroot gesamentlike koopkrag. Byvoorbeeld om afslag vir strategiese produkte en dienste te bekom.
  • Bevorder privaat ekonomiese infrastruktuur. Byvoorbeeld deur privaat elektrisiteitsopwekking aan te moedig of privaat geskilbeslegtingsfasiliteite te ontwikkel.

Raak Betrokke

Indien hierdie gedagtes by jou, jou bestuur en jou lede byval vind vul die onderstaande vorm in om deel te word van die grootste en sterkste sake-organisasie wat die land nog gesien het.

  • Persoonlik

  • Kontakbesonderhede

  • Sakekamer besonderhede

  • Is jy deel van die plaaslike sakekamer?
  • Is jy ‘n Sakeliga-lid?
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

WORD DEEL

VAN DIE GESPREK

facebookyoutubetwitter

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!